Soorte resepte:

Vyf gunsteling-vakansieresepte

Vier dié Kersgety met heerlike vakansiegeregte wat ieder en elke vriend en familielid se harte warm sal laat klop.

Paptert

Jy kan nie braai sonder om dié eg Suid-Afrikaanse bykos aanmekaar te slaan nie.

Kry die volledige resep hier.

Pampoenkoekies

Daar is min dinge so lekker soos pampoenkoekies. Bedien dit warm saam met kaneelsuiker, stroop of selfs ʼn lekker skep roomys. Gaste sal toustaan vir nog!

Kry die volledige resep hier.

Skaapboud met gebraaide aartappels

ʼn Skaapboud sal sorg vir ʼn eg Suid-Afrikaanse Sondagmiddagete soos min ander.

Skaapboud met braai-aartappels. (argieffoto)

Kry die volledige resep hier.

Biltong-braaipakkie

Hierdie krakerige lekkerte is vol verrassings. Dit het min bestanddele en jy kan eintlik sommer self besluit wat jy in jou pakkie wil sit en wat jy eerder wil uitlos. Die hoeveelhede kan maklik aangepas word om ʼn spesiale happie vir jou en jou geliefde te maak, of vir ’n klomp gaste by die volgende familiebraai; dit is selfs lekker om te maak as julle gaan kamp.

Kry die volledige resep hier.

Steri Stumpie-sjokolademousse

Sluit jou familie-ete met dié heerlike sjokolademousse af. Die kinders gaan veral gek wees hieroor!

Foto ter illustrasie. (Foto: Klara Avsenik/Unsplash)

Kry die volledige resep hier.

Deel van: Kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.