Soorte resepte:

Wen: Annelien Pienaar se omvattende vleisgids

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dit is onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ʼn gewone weekaandete nie volledig sonder vleis nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dit is ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Annelien Pienaar, alombekende kosskrywer en voedselwetenskaplike, se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van haar jongste resepteboek Vleis: Die omvattende gids.

Dit is ʼn eietydse ensiklopedie wat in die kombuis hoort van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Die boek bevat alles wat jy ooit oor vleis wou weet:

  • Beskrywings van die verskillende snitte, gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak,
  • nuttige inligting oor die voedingswaarde, veroudering, faktore wat die sagtheid bepaal, bevriesing, vleisterminologie en omskakelingstabelle,
  • ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer en
  • meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is resepte vir beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne vir oorskietvleis.

Vleis: Die omvattende gids word uitgegee deur NB-uitgewers en kos R380 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om dit aanlyn te koop.

Oor die skrywer

Annelien Pienaar is alombekende kosskrywer en voedselwetenskaplike. (Foto: Verskaf)

Pienaar is ’n voedselwetenskaplike, dosent, boervrou en ma. ’n Vrou van vele talente dus, maar kos is haar groot passie. Met haar vinger stewig op die pols van Boerekos met ’n twist se Facebook-blad is Pienaar deeglik bewus van wat kosmakers en kosliefhebbers wil weet en eet. Die resultaat is ʼn omvattende 21ste-eeuse Kook en geniet van vleis.

En die wenner is:

Renée Hinz is die wenner van Annelien Pienaar se jongste resepteboek Vleis: Die omvattende gids. Baie geluk, hoop jy geniet die boek! Hou Maroela Media dop vir nog heerlike kompetisies en kanse om te wen.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Dinsdag 22 Junie 2021 om 23:45.
  • Die wenner sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna die wenner deur Maroela Media gekontak sal word.
  • Indien die betrokke persoon nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal dié se naam op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Lesers wat inskryf moet ʼn Suid-Afrikaanse adres verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.