Soorte resepte:

Wen: Col’Cacchio vier plaaslike gemeenskappe met pizza

Beperkte hoeveelhede van Col’Cacchio se Local is Lekker-pizza word tans by Col’Cacchio-restaurante in die suidelike voorstede van Kaapstad berei. (Foto: Verskaf)

Col’Cacchio Pizzeria het ʼn spesiale reeks disse geskep waarmee die restaurant die krag van Suid-Afrikaanse gemeenskappe wil vier, asook teruggee aan liefdadigheidsorganisasies.

Volgens Kinga Baranowska, medestigter en uitvoerende hoof van Col’Cacchio, het Suid-Afrikaners al keer op keer tydens die pandemie gewys hoe hulle as gemeenskappe kan saamstaan, hulle moue oprol en saamwerk in moeilike dae.

Die #MyColCacchio-inisiatief is ʼn manier om Suid-Afrikaners te nooi om weer bymekaar te kom en ʼn pizza saam te geniet.

“Ons personeel staan gereed om jou terug te verwelkom met ons beroemde Italiaanse geregte. Kom kuier en geniet ʼn heerlike, eksklusiewe pizza. Dit is ʼn kans om weer pret te hê terwyl jy terselfdertyd restaurante in jou gemeenskap ondersteun wat swaar deur die pandemie getref is en ook terug gee aan ʼn organisasie wat terugploeg in die gemeenskap,” sê Baranowska.

Die heerlike Gnocchi Manzo Ragu sal uitsluitlik tydens #MyColCacchio-veldtog by Col’Cacchio Pizzerias in die noordelike voorstede van Johannesburg te koop wees. (Foto: Verskaf)

Col’Cacchio Pizzeria het ʼn dis gemaak wat die smaakknoppies van elke unieke gemeenskap in ons land sal prikkel.

Not So Plain Mary Jane, is Col’Cacchio is beroemde pizza wat CBD-olie bevat. ʼn Beperkte hoeveelheid van die pizza word tans by Col’Cacchio-restaurante in die suidelike voorstede van Kaapstad berei. Geld wat uit die verkope van dié pizza ingesamel word, word aan die StreetSmart-organisasie geskenk.

By Durban Col’Cacchio-restaurante is die plaaslike gunsteling Bunny Chow Calzone in die kollig, en die skenking van R5 per maaltyd ondersteun die Save the Children-organisasie.

Die heerlike Gnocchi Manzo Ragu sal uitsluitlik tydens #MyColCacchio-veldtog by Col’Cacchio Pizzerias in die noordelike voorstede van Johannesburg te koop wees en geld wat met die verkope van die pizza ingesamel word, sal aan die Ikemeleng-stigting geskenk word.

Gemeenskappe in die noordelike voorstede van Kaapstad word byeengebring deur die gewilde, Local is Lekker Pizza met biltong as die hoofbestanddeel. Geld wat by hierdie Col’Cacchio Pizzerias ingesamel word, sal Durbanville-kinderhuis ondersteun.

Plaaslike flair kry lewe in Norwood, Canal Walk en V&A Waterfront Col’Cacchio met die skitterende masala-geïnspireerde geregte. Elke maaltyd wat verkoop word, lei tot ‘n skenking aan Rise Against Hunger en Igardi Project ter ondersteuning van hul onderskeie plaaslike gemeenskappe.

Bring die familie en vriende, en geniet heerlike kos en ʼn gesellige atmosfeer, terwyl jy ʼn bydrae maak tot positiewe verandering in jou gemeenskap. #MyColCacchio-projek gaan daaroor om mense bymekaar te bring, een goeie pizza op ʼn slag!

Plaaslike flair kry lewe in Norwood, Canal Walk en V&A Waterfront Col’Cacchio met die skitterende masala-geïnspireerde geregte. (Foto: Verskaf)

En die wenners is:

Baie geluk aan Elmarie Seegers van Pretoria, Sarita Engelbrecht van Vredendal, Johan van der Westhuizen van Kaapstad en Megan Williams van Johannesburg wat elkeen ‘n geskenkbewys van Col’Cacchio Pizzeria ontvang het om hulle gunsteling-pizza te geniet!

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Woensdag 20 Oktober om 23:45.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar oud wees.
  • Slegs persone wat in Suid-Afrika bly sal in aanmerking kom vir die prys.
  • Die wenners van die kompetisie sal binne drie dae ná die sluitingsdatum van die kompetisie op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Vier wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Maroela Media sal telefonies met die wenners in gesprek tree.
  • Maroela Media hanteer self die versending van die eetbewyse.
  • Die pryse kan nie verruil word vir kontant nie.

By Durban Col’Cacchio-restaurante is die plaaslike gunsteling Bunny Chow Calzone in die kollig. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Belinda

Sjoe maar daai Bunny-chow lyk baie lekker….

Belinda

…. wel as ek weer so kyk, lyk ALMAL baie lekker!

Elinette

Eh …. nee dankie, ek is keelvol vir pizza wat nie so lekker smaak soos wat dit lyk nie.