Soorte resepte:

Wen: Deel jou gesin se hartskos en wen ʼn resepteboek

Maroela Media se resepteboek, “Huis-huis”

Vir onse mense is eet mos ʼn bietjie soos asemhaal. Ons eet as ons bly is en ons eet as ons hartseer is. Ons eet as ons onsself jammer kry én as ons onsself wil beloon. Ons eet as ons saam is en ons eet as ons eensaam is. Ons eet, want dis wie ons is.

In Maroela se resepteboek, Huis-huis, nooi ons jou om saam met ons te kom aansit, in elke vertrek en met elke okkasie.

In die eetkamer sit ons om ʼn mooi gedekte tafel aan vir hoenderpastei, beesbredie, boontjiesop en soetpatats. In die kombuis bak ons ontbytbroodjies en maak hawermoutpap saam met ʼn lekker beker boeretroos, en eet sommer in ons pajamas by die kombuistafel. In die sitkamer raak ons fênsie as die dominee huisbesoek kom doen – dan drink ons tee uit Ouma se Royal Albert-koppies en bedien melktert, dadelbolletjies en sjokoladekoek. Vrydagaande eet ons voor die TV – maklike etes soos Vrydagaand-pasta met Milo-balletjies vir nagereg.

Klik hier om Huis-huis aan te skaf.

Wen

Uit Maroela Media se resepteboek, “Huis-huis”

Omdat Gesinsdag (1 April 2024) om die draai is, wil ons graag een gelukkige Maroela-leser bederf met ʼn Huis-huis-resepteboek sodat jy jou gesin en hartsmense kan bederf met van die lekkerste etes!

Laat weet ons bietjie wat is die gereg wat al tradisie is in julle huis. Jy hoef nie die familieresep weg te gee nie, maar vertel ons wat geniet julle saam: is dit vis-en-skyfies op ʼn Vrydagaand, biltongbroodjies op ʼn Sondagaand terwyl almal gereed maak vir die week wat voorlê of selfs hamburgers op ʼn Saterdagmiddag? Dalk sit julle graag saam om tafel en gesels oor wat in mekaar se lewens gebeur of eet julle soggens saam ontbyt. Ons wil graag hoor!

Maak seker jou inskrywing bereik ons teen 27 Maart 2024.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings sluit op 27 Maart 2024 om 23:45.
  • Die wenner se naam sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die wenner sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • Indien jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie die wenner is nie.
  • Die resepteboek sal deur Maroela Media aan die wenner per koerier gestuur word.
  • Deur in te skryf vir die kompetisie gee jy toestemming dat ons jou naam en van en dorp/stad waar jy woon op Maroela Media se webwerf mag publiseer tesame met die storie wat jy met ons gedeel het, selfs al is jy nie die wenner nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons vir een of ander tegniese rede nie bereik het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.