Soorte resepte:

Wen: Eskort het ’n warmbrak vir elke smaak

Schalk Bezuidenhout se kenmerkende voorkoms en plat-op-die-aarde styl is vasgevang in ʼn worsbroodjieresep met plaaslike bestanddele soos Eskort-kaasbraaiworsies. (Foto: Verskaf)

Alle Suid-Afrikaners geniet ʼn goeie warmbrak en daarom het Eskort besluit om Nasionale Worsbroodjiedag in Maartmaand te vier met ʼn uitgebreide spyskaart van worsbroodjies wat hulde bring aan almal en alles wat eg Suid-Afrikaans is.

Die gewilde komediant Schalk Bezuidenhout se kenmerkende voorkoms en plat-op-die-aarde‑styl is vasgevang in ʼn worsbroodjieresep met plaaslike bestanddele soos Eskort-kaasbraaiworsies, Mrs Ball se blatjang, Ouma-beskuit en gesnyde biltong.

Kurt Darren het ʼn warmbrak gevul met Duitse Bockwurst, wat sal sorg dat jou kos die kaptein in elke kombuis bly, terwyl ʼn worsbroodjie gevul met Eskort se spekbraaiworsies vir ses uit ses sorg met smaak en sommer ook hulde aan die Suid-Afrikaanse krieketster Temba Bavuma bring. ʼn Warmbrak met Eskort se hoender‑ Weense worsie, ʼn wenner op sy eie, vier die realiteitsster Christall Kay.

Benewens die bekendes wat Eskort met hulle heerlike produkte vier, is daar ook talle ervarings en plekke wat eg en eie aan die alledaagse lewe in Mzansi is.

Die Parliament-worsbroodjie bestaan uit vlamgeroosterde gerookte Weense worsies met jalapeno-rissies in ʼn houtskoolbroodrolletjie. (Foto: Verskaf)

Die Parliament-worsbroodjie bestaan uit vlamgeroosterde gerookte Weense worsies met jalapeno-rissies in ʼn houtskoolbroodrolletjie. As daar geen krag is nie, is dit ook nie ʼn probleem nie, want Eskort se hoender-en-kaasworsie‑warmbrakke speel klaar met enige etenstyd wat deur beurtkrag geteister word.

Min dinge is so eg Suid-Afrikaans soos ʼn ware shisa nyama waar ʼn vleisie oor die kole gegooi word. Eskort vier die braai met ʼn voetlange gerookte Russiese wors oor die vuur gerooster met ʼn tradisionele paprol en aartappelsaai daarby. ʼn Warmbrak met brandrissie-en-kaas‑ Russiese wors is die verpersoonliking van die karaktervolle Limpopo-provinsie.

Kurt Darren het ʼn warmbrak gevul met Duitse Bockwurst, wat sal sorg dat jou kos die kaptein in elke kombuis bly. (Foto: Verskaf)

Met Eskort se reeks van gerookte Weense worsies, Russiese kaasworsies, Bockwurst en braaiworsies is daar beslis iets wat elke Suid-Afrikaanse se smaak en persoonlikheid sal komplementeer.

“Ons doelwit is om die bekende en omstrede gebeurtenisse wat ons as ʼn nasie kenmerk te vier – of dit nou die dinge is wat ons liefhet, of die dinge wat ons as Suid-Afrikaners haat.

“Deur hierdie gemeenskaplike ervarings op ʼn speelse en eienaardige manier te herdenk, glo ons dat ons toekennings sterk aanklank by alle Suid-Afrikaners sal vind, maak nie saak wie jy is of waar jy in ons land woon nie,” het Marcelle Pienaar, bemarkingsbestuurder van die Eskort-groep, gesê.

En die wenners is:

Baie geluk aan Helena de Wet, Celeste Pretorius, Michelle Coetzee en Antoinette van Niekerk, wat elkeen ‘n geskenkpak van Eskort-produkte gewen het. Hoop julle geniet die prys! Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum is Maandag 4 April 2022 om 23:45 en die wenners sal Dinsdag 5 April bekendgemaak word.
  • Vier wenners sal lukraak gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal die wenners per e-pos kontak.
  • Wenners moet bereid wees om hul geskenkpakke self by Maroela Media se kantoor in Kloofsig, Centurion, op Woensdag 6 April te kom afhaal.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.