Soorte resepte:

Wen kaartjies na Appetite Fest 2019

Gary, Matt en George (Foto: Facebook)

Vyf gelukkige Maroela Media-lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na Appetite Fest by Time Square in Pretoria wen.

Appetite Fest beplan om die grootste kulinêre en vermaakfees te wees wat Pretoria nog gesien het. Dié drie dae lange fees volg op die eerste van sy soort wat verlede jaar plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig dat wêreldbekende sjefs soos Gary Mehigan, George Calombaris, Shannon Bennett en Matt Preston van die bekende televisiereeks MasterChef Australia by dié fees te sien sal wees.

MasterChef Australia se charismatiese beoordelaars sal meesterklasse aanbied, wat vir aanhangers die geleentheid gee om dié bekende Aussies in aksie te sien,” het Brett Hoppé, die algemene bestuurder van Time Square, gesê.

Feesgangers kan verder ʼn verskeidenheid boetiekbrouerye, gourmet‑kosstalletjies, hoë‑gehalte drankies en bekroonde wynkelders op dié fees verwag. Vraag-en-antwoord-sessies met internasionale en plaaslike sjefs word ook aangebied.

Kinders kan in ʼn veilige afgebakende gebied speel waar gesigsverf, speletjies, ʼn springkasteel, ʼn klimraam en selfs ʼn kindervriendelike kosmaak-teater hulle sal vermaak.

Appetite Fest vind op 13, 14 en 15 September by Time Square in Pretoria plaas.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na Appetite Fest wen vir Vrydag 13 September by Time Square in Pretoria. Wenners word per e-pos in kennis gestel en sal hul kaartjies by Time Square moet gaan optel. Die kompetisie sluit op 8 September om 12:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.