Soorte resepte:

Wen met jou braaiwenk!

Wen ‘n heerlike geskenkpak van Ina Lessing Konfyte met jou braaiwenk

Elke persoon het mos sy eie manier van braai: of dit nou die tipe vleissnit is wat mens verkies of selfs die tipe vleis, met of sonder ʼn marinade, spesifieke speserye wat jy graag gebruik, of jy kole of hout verkies, of selfs spesifieke vuuraanstekers.

Het jy ʼn braaigeheim wat jy kan deel? Jou wenk kan vir jou ʼn heerlike geskenkpak laat wen!

Ina Lessing Konfyte, Ingemaak en Bakkery wil graag vier gelukkige Maroela-lesers vir Braaidag (24 September) bederf met ʼn geskenkpak ter waarde van R500 elk – alles wat jy nodig het vir jou volgende braai!

Ina Lessing het ʼn splinternuwe aanlyn winkel en nou kan jy sommer van enige plek in die land dié wonderlike produkte aanlyn bestel. Besoek inalessing.co.za

“Ons is trots Afrikaans, en ons ondersteun plaaslik en bemark plaaslik,” sê Ané van der Walt van Ina Lessing Konfyte.

Deel jou braaiwenk met ons voor 21 September 2021 om een van dié heerlike geskenkpakke te wen. Of dit dalk nou vir beeshaas, lam of hoender is, lekker groente op die kole, piesangblare vir vis of suurlemoensap vir ekstra geur, ons wil graag van jou hoor!

Wat jy kan wen

Elke geskenkpak bevat een van elk van die volgende:

Vir voorgereg
Piquante-rissie (vul self met fetablokkies of olywe – heerlik!)
Gepiekelde soetrissie – heerlik saam met kaas op soutkoekies

Vir saam met die braaivleis
Druiweblatjang
Brandgenotsous

Maak net oop en bedien as ʼn slaai
Beetslaai

Saam met die potbrood
Bloubessiekonfyt
Kwepersnipperkonfyt
Heel makataankonfyt

Vir by die koffie ná die braai
Gemmerkoekies
Koffiekoekies

Skryf nou in

Deel jou braaiwenk en staan die kans om een van dié wonderlike geskenkpakke te wen. Van die braaiwenke wat ons as inskrywings ontvang gaan boonop in ʼn artikel vir Maroela Media verwerk word!

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 21 September 2021 om 23:45.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar oud wees.
  • Slegs persone wat in Suid-Afrika bly sal in aanmerking kom vir die prys.
  • Die wenners van die kompetisie sal binne drie dae ná die sluitingsdatum van die kompetisie op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Van die braaiwenke wat ontvang word, sal in ʼn artikel op Maroela Media gedeel word. As jou wenk op Maroela Media gedeel word, is dit nie noodwendig dat jy een van die wenners is nie.
  • Vier wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Maroela Media sal telefonies met die wenners in gesprek tree.
  • Maroela Media hanteer self die versending van die geskenkpakke.
  • Maroela Media en Ina Lessing Konfyte kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies wat jy dalk mag ly deur die gebruik van die produkte nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.