Dié alle-terreinband vir avontuur-entoesiaste

Apterra AT2-bande (Foto: Apollo Tyres)

Tony Yeo, die 4×4-legende en eienaar van East Rand 4X4 Training & Tours, verkies die Apollo Apterra AT2-bande vir sy 4×4-voertuig en volgens hom “het dit al alles gesien!”.

Volgens Yeo, wat trofeestatus met die Camel Trophy bereik het, reis hy jaarliks derduisende kilometer regdeur Afrika met sy Apterra 4×4-bande.

“Die bande is aan uitmergelende toestande blootgestel. Ons kan sovêr gaan om te sê ons het al probeer om hulle te verniel, maar tot dusvêr het die AT2-bande net uitstekende resultate gelewer.”

Die bande het al kilometers van sand, modder en selfs sneeu getrotseer.

Apollo Tyres het drie jaar gelede die alle-terreinbande marksegment stormgeloop met die bekendstelling van die Apterra AT2-band. Hierdie band komplimenteer Apollo se reeds indrukwekkende reeks bande aan die passasiers- en nutsvoertuigmark.

Ontwerp en ontwikkel spesifiek vir die Suid-Afrikaanse mark het die Apterra AT2-band alle verwagtinge oortref met geharde lekweerstand, hoë noukeurigheidskontrole en uitmuntende traksie op elke terrein. Met die bekendstelling is die band in Namibië getoets en met die uitstekende resultate wat verkry is, het Apollo die alle-terreinmark aangedurf.

“Vir meer as 40 jaar het ons suidelike Afrika plat gereis. Ons was al byna oral waar ons 4×4’s ons kon vat en het al die bande van menige handelsmerk getoets. Dit is dus met oortuiging dat ek die AT2-bande vir enige 4×4-entoesias kan aanbeveel.

“Die afgelope paar jaar het ek vier verskillende 4×4-voertuie gehad, wat elke keer met dieselfde stel AT2-bande die paaie aangedurf het. Tot dusver het ons net oor die 100 000 km met hierdie stel afgelê. Glo my as ek sê dat hierdie bande behoorlik op die proef gestel is.

“Die bande is aan uiterste toestande blootgestel, hetsy sagte sand, sneeu, modder, klippe en grondpaaie – letterlik oor berge en in dale en deur riviere en slaggate – met swaar gelaaide voertuie, lang afstande en uitmergelende temperature. Deur dit alles kon dié AT2’s hul man staan. Ons het al vergeet hoe dit is om ʼn band te ruil, want oor die 100 000 km was daar net een só geval,” voeg Yeo by.

Of jy nou ʼn boer of stadsjapie is, avonturier of petrolkop – die AT2-bande sal jou daar kry. Die produkreeks sluit opsies in die passasiers- en ligte trok -kategorie in met twee- en drielaag sywanddikte.

Die AT2-bande is ontwikkel vir ruwe, onbekende paaie en Apollo Tyres glo vas dat slegte (of moeilike) paaie tot besonderse herinneringe en beeldskone natuurskoon lei.  Apollo-bande sál jou daar kry!

Apollo Tyres is ʼn internasionale bandevervaardigingsmaatskappy met ʼn voetspoor in meer as 120 lande. Die handelsname, Apollo & Vredestein word onder die Apollo Tyres-sambreel bemark. Apollo Tyres bied bande in alle marksegmente: passasiers-, agri- en agri-implemente, nywerheids- en mynboubedryf, asook bus- en trokbande.

  • Apollo Tyres stal by die Sakeliga KragDag Sentraal 2023 uit van 9-12 Augustus, op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Kaartjies vir hierdie Alternatiewe Energie en Selfstandigheid Ekspo beloop R50 per volwassene aanlyn en kinders onder die ouderdom van 18 kan die ekspo gratis bywoon. Koop jou kaartjie vandag nog by waantu.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.