Bekwaam jou as boer in Orania

Foto ter illustrasie (Foto: DIJ-Agras, Pixabay)

Bo-Karoo Opleiding (BKO), ’n opleidingsinstansie in Orania, sal eersdaags ’n  opleidingskursus in landbou aanbied. Dié driejaarkwalifikasie fokus op finansiële, data-, onderhoud- en plaasbestuur en bestaan uit ’n teoretiese én praktiese komponent, waartydens studente dít wat hulle in die klas geleer het ook in die praktyk sal kan toepas.

Dit volg ná ’n suksesvolle evaluering van die Gehalteraad vir Ambagte en Beroepe  (QCTO) waartydens BKO se gereedheid geëvalueer is om ’n nasionale sertifikaat (N4 tot N6) in plaasbestuur aan te bied.

BKO is deel van die Solidariteit Beweging en volgens die rektor, Pieter Bischoff, bied dit die ideale geleentheid om kennis by die ander instellings te tap. Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI) het ’n geruime tyd gelede ’n behoefte uitgespreek om by landbou-opleiding betrokke te raak.

Bo-Karoo Opleiding se kampus op Orania. (Foto: Verskaf)

Verder het die AfriForum-inisiatief, Boer tot Bord, reeds ’n sitrusproefboord in Orania opgerig waar 300 Nova-nartjiebome geplant is. Die doel van die projek is om plaaslike voedselproduksie te ontwikkel, die voedselproduksieketting in eie hande te neem en die middelman uit te sny.

Bischoff sê dat daar kennis oor plaasveiligheid by AfriForum se strukture verkry kan word, asook oor arbeidsreg by die vakbond Solidariteit.

Bischoff wys daarop dat baie ander landboukolleges nie meer presteer soos voorheen nie en dat BKO al ’n geruime tyd na die moontlike uitbreiding van hulle kursusse kyk.

“Orania is perfek geplaas met die drie hooflyne van landbou, naamlik akkerbou, saaiboerdery en veeteelt, wat op sy voorstoep beoefen word. Verder is Orania se ligging ook van so ’n aard dat studente van oor die land na BKO gelok sal word.

“Die geakkrediteerde gedeelte van die kursus sal op plaasbestuur fokus, maar daar is ook ’n ongeakkrediteerde gedeelte wat ekstra waarde tot die kursus voeg. BKO bied reeds vakke, soos sweiswerk en elektriese werk, aan wat van waarde kan wees vir iemand wat van voorneme is om op ’n plaas te werk. Studente sal byvoorbeeld blootgestel word aan basiese bou- en rekenaarvaardighede, die span van grensdrade en die diens van boorgate,” sê Bischoff.

“BKO is opgewonde om aan jong mans en vroue die geleentheid te bied om hulle eersdaags in die landboubedryf te bekwaam.”

BKO het in 2016 begin om informele opleiding aan toetreders tot die boubedryf te gee om aan die vinnig groeiende gemeenskap se groot vraag na opgeleide ambagsmanne te voorsien.

In 2019 is daar formeel begin om nasionaal geakkrediteerde kwalifikasies in bou- en siviele konstruksie, asook loodgieters- en elektriese werk aan te bied. In die eerste jaar het daar ses studente ingeskryf, in die tweede jaar 40 en vanjaar staan hulle op net so onder die 100 studente.

Bo-Karoo Opleiding se 2021-studente. (Foto: Verskaf)

Verlede jaar is daar ook begin met ’n kursus in tuisversorging wat tans deur agt vrouestudente gedoen word.

BKO en Akademia werk ook saam om ’n kursus in kantooradministrasie aan te bied waar die studente BKO se geriewe gebruik terwyl hulle by die studentelewe inskakel en in koshuise tuisgaan.

“Ons het heelwat inskrywings vir 2022 ontvang en vir die landbou is daar al so tussen vyf en tien belangstellendes,” sê Bischoff. “Ons hoop om volgende jaar altesaam 120 studente te betrek.”

Die beperkende faktor is verblyf, maar volgens Bischoff is daar nou ’n derde koshuis in aanbou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Orania is ‘n groot plaas wat onder ANC beheer en beleid is en wat julle doen is goed en ‘n begin maar n onafhanklike tuisstaat is waarvoor daar onderhandel moet word .

Sarel ·

Dink u het birtjie die kat aan die stert beet o. Te beweer Orania word deur die ANC besit

Harley Davidson ·

Orania is nie ‘n onafhanklike staat nie dit val onder sa se wet en regering .

annie ·

Bitter nodig. Net, het julle genoeg grond en water want Orania sal ons almal moet voed? Die res van die land gaan cannabis groei om die hele aardbol te verdoof en verslaaf aan die grootse Cyril-pledge-plan. Hy is glo juis nou in Duitsland om by antie-soft-spot vir oulaas te loop vry na ‘n €16 biljoen-voorskot. Is dit waar?

Sarel ·

Ag tog altyd en ewig Politiek..
Dodn dkag iets meer konstruktief asb

Adriaan ·

Suid Afrika, waar rassisme onder die vaandel van regstellende aksie en BEE, onbekwaamheid, korrupsie, oproer en afbrand kop in 1 mus is.

Grassie ·

Uitstekend gedoen Solidariteit en Afriforum. Julle laat ons volk vorentoe ‘n liggie sien in die donker tonnel van ons land se toekoms.

VaalDonkie ·

Pokkel praat die waarheid. As jy nie een van die stadsvaders is nie, moet jy maar ner bekhou en afkyk as die Hilux en die Mercedes verbyry.

Frederik C ·

Mens kan sien Solidariteit is betrokke, want hierdie is maklik die mooiste gebou in Orania. Indien die kwalifikasies in die buiteland, bv Australië, erken sal word, is hierdie die beste idee ooit. Dit sal ook ‘n fantastiese ekonomiese inspuiting vir Orania wees.

VaalDonkie ·

En dan kan jy vir R4500 per maand gaan werk en R3000 huur aan die boer betaal.

Sarel ·

Watter bydrae lewer u vir enige poditiewe ontwikkeling en opleiding m.a.w. werkskepping. Vertel ons of u beter kan doen

koos ·

En tog doen hulle better as die res van suid afrika, to as dit kom by moord en misdaad,
gaan verspry jou joodse agenda iewers anders,
Ek weet nie hoekom will die jode verbastering aan moedig in die wit mense.

Thom ·

Waarom op aarde sal enige intelligente mens daar op ‘n hoewe wil gaan sit en krepeer en ‘n onderduimse familiesaak wil sterk ? My plaas is buitendien groter as die hele Orania ?

Thom ·

My plek is juis nie té groot nie ___ daardie hele besigheid is belaglik .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.