Buurlande verbreek handelsooreenkomste

Foto ter illustrasie. (Argieffoto: PnP)

Suid-Afrikaanse boere gaan nou deur ʼn moeilike tydperk waarin hul uitvoerprodukte uit allerhande oorde verbied word, of die instelling daarvan met hernude erns bevestig word. In die jongste geval het Namibië ʼn verbod op sekere groentesoorte ingestel.

Volgens Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, is dit ʼn verskynsel wat so nou en dan kop uitsteek, maar dat dit teen die vryehandel-ooreenkoms van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) is. Aan die begin van die jaar het Botswana so ʼn verbod ingestel en onlangs Namibië.

Van der Rheede het intussen ʼn brief aan Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gestuur om aandag te gee aan die kwessie.

“Ek het begrip daarvoor dat hulle hul plaaslike produksie wil opbou en dat hulle hul boere ʼn hupstoot wil gee, maar dit is teenstrydig met handelsooreenkomste en jy móét dit eerbiedig,” het hy aan Maroela Media gesê.

Hy sê soos met Spanje, wat agter die poging gesit het om ʼn verbod op Suid-Afrikaanse sitrus in te stel, is daar in dié geval ook ʼn politieke ondertoon.

Daar is volgens hom ʼn sterk mark vir hoëgehalteprodukte uit Suid-Afrika, wat in restaurante en hotelle vir veral internasionale gaste bedien word.

ʼn Ander kwessie is dat dié buurlande se minimumlone aansienlik laer is as Suid-Afrika s’n en dat hulle dus hul produkte vir baie goedkoper op die mark kan sit.

“Ons moet onthou dat Namibië en Botswana weer op ander gebiede baie voordeel trek uit die vrye beweging van produkte na Suid-Afrika en hierdie eensydige verbiedinge is dus uiters onregverdig,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marius ·

As daar nie aan die standaarde voldoen word nie , kan die Limpopo maar in vloed in getjank word . Dieselfde vir die sitrus uitvoerders wat gil en skreeu . Kry jul huise in orde en dan sal jul produkte met graagte ontvang word .

krodedil ·

Eskom kan ook sy handel ooreenkomste met buurlande breuk.
Dan het ons genoeg krag vir Suid Africa.

Miskruier ·

As boere in ander lande ge subsideer word of nie teen ons minimum loon gelyk trek, staan ons eie boere geen kans nie.

Pieter ·

Dis oor poletiek wat hulle neuse oorals indruk,dat ons boere so swaar kry. Minimum lone, hoee kragpryse, water kostes ens………………

Hoekom ·

Ons eie regering is die plastiek sak wat die burgers van Suid Afrika stelselmatig versmoor…

Kokerboom ·

Die vryehandelsooreenkoms in Sadu is nie papier werd waarop dit geskryf is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.