John Deere keer Nampo op sy kop

John Deere se produkkenners en senior span is Hentie Breedt, bemarkingsbestuurder; Janalize van Buuren, direkteur: naverkope- en kliëntediens; Vikar Sheopershad: kliënteprodukondersteuning; Jaco Beyers, besturende direkteur vir Afrika en Midde-Ooste; Stian Cloete, tegnologie- en strategiebestuurder vir streek 1, en Jan Kühn, produkspesialis vanaf Zweibrücken, Duitsland.

Die John Deere Nampo-span het besluit om vanjaar ʼn trekker onderstebo te keer om te wys dat dié trekker- en werktuigbouer ook landbou op sy kop wil keer in dié taai ekonomiese tye.

Volgens Jaco Beyers, besturende direkteur vir John Deere in Afrika en Midde-Ooste, moet boere aanhou planne maak omdat insette amper onbekostigbaar duur geword het en boerderye tot die uiterste beproef word. Hul span het ook koppe bymekaargesit om na metodes te soek om dit vir boere makliker en goedkoper te maak om te boer.

Lukas Groenewald, John Deere se verkoopsbestuurder van Suidelike Afrika, sê in die huidige finansieel uitdagende tye is dit kritiek noodsaaklik vir ʼn boer om sy finansiële beplanning vooruit te doen. Juis daarom het hulle PowerGard bekendgestel, ʼn verlengde waarborg vir selfaangedrewe spuite, stropers en sekere trekkers, soos die 6B-, 6M-, 8R- en 9R-modelle.

“Nou kan ʼn boer vir ʼn langer tydperk dekking geniet, nadat sy aanvanklike John Deere-waarborgtydperk verstreke is. Hy kan ook verskillende dekkingsplanne met ons beding om by sy bepaalde behoeftes te pas.

“Hy het ook nou die gemoedsrus dat sy trekker deur gekwalifiseerde John Deere-tegnici herstel sal word,” sê Groenewald.

Lukas Groenewald, John Deere se verkoopsbestuurder van Suidelike Afrika, sê hierdie onderstebo trekker is nie ʼn veselglasnamaaksel soos sommige skougangers vermoed nie. “Dit is ʼn standaardtrekker, wat reeds aan ʼn boer verkoop is. Al die olie en ander vloeistowwe is uitgetap en hy sal steeds sy oorspronklike waarborg behou.”

 

Janalize van Buuren, direkteur: naverkope- en kliëntediens, sê John Deere het vir die boere wat goedkoper onderdele en toerusting ná ʼn vervalde waarborg wil aanskaf nou ʼn nuwe reeks alternatiewe onderdele saam met Vapormatic en A&I Products bekendgestel.

 

Goedkoper onderdele wat steeds John Deere se goedkeuring wegdra, is ʼn roete wat ernstig oorweeg moet word. Die produkte kan saam met die oorspronklike John Deere-onderdele en -handelsware op hul nuwe aanlyn winkel gekoop word. Wayne Bell, streeksnaverkope- onderdele- en diensbestuurder wys hoe lyk die alternatiewe onderdele in die rooi verpakkings.

John Deere het die voortou geneem met die grootste stroper in Afrika, wat by Nampo bekendgestel is. Dié X9-reeks het ʼn allemintige 13,6 l-enjin en ʼn graantenk met ʼn inhoudsmaat van 16 200 l.

John Deere se 9X-stroperreeks is nou die grootste in Afrika.

Teenoor sy voorgangers is sy werksverrigting 30% beter teen hellings tot 10° en 50% beter teen hellings tot 16°. Jan Kühn, produkspesialis by die John Deere-fabriek in Zweibrücken, Duitsland, sê dié maatskappy het in 2016, met meer as 100 ingenieurs en ander spesialiste begin om die stroper te ontwikkel.

Jan Kühn, produkspesialis by die John Deere-fabriek in Zweibrücken, Duitsland, het vir Suid-Afrikaanse boere kom wys hoe lyk die X9 1100 se binnegoed.

John Deere se konstruksietoerusting het vanjaar vir die eerste keer op Nampo ʼn kniebuiging gemaak, wat nou ook deur sy landbou-agente verkoop en ondersteun word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Corne123 ·

ja met ons sa se werksmag moet n trekker onderstebo kan ry ook ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.