Koringboere nou slaggereed teen weerstandige onkruid

Corteva Agriscience se nuwe onkruiddoder belowe om koringboere se lewens baie makliker te maak.
(Foto: Verskaf)

Corteva Agriscience het sy jongste onkruiddoder, Aubaine® 518 SC, in Suid-Afrika bekendgestel.

Koringboere, veral in winterreënvalstreke, sal na verwagting heelwat baat by die produk vind, danksy die uitsonderlike beskerming wat dit tydens voorplant-, vooropkoms- of vroeë na-opkoms teen onkruid bied.

Die produk se aktiewe bestanddele is chlortoluron en isoksaben, wat in plaaslike proewe hul staal gewys het as ʼn eiesoortige en suksesvolle kombinasie in die stryd teen raaigras en sekere soorte breëblaaronkruid.

“Een van die grootste frustrasies vir graanboere is Lolium spp (raaigras), wat bestand is teen onkruiddoders. Die goeie nuus is dat dit nie die geval is met Aubaine® 518 SC nie. Nie net is die produk ʼn doeltreffende afskrikmiddel nie, maar speel dit ook ʼn beduidende rol in doeltreffende onkruiddoderweerstandsbestuur,” sê Henry Hoek, kategoriebemarkingsleier van Corteva Agriscience.

“Met Aubaine®518 SC kan koringboere die risiko wat onkruid soos klawer en turknaels inhou, verminder. Dit help om opbrengste te verhoog en winsgewendheid te verbeter. Ons is trots om met hierdie bekendstelling in plaaslike behoeftes te kan voorsien deur praktiese en betroubare kundigheid, sowel as toonaangewende en nuutskeppende produkte op die mark te verskaf, alles terwyl ons die pad saam met ons boere stap.

“Corteva Agriscience streef daarna om boere te help om die voedsel te produseer wat die samelewing sal vereis, op die manier wat die samelewing dit vereis. Met Corteva as hul vennoot het boere doeltreffende saad- en oesbeskermingsprodukte wat die mark vandag vereis en die oplossings wat hul winsgewendheid vir môre sal optimaliseer,” sê hy.

In 2020 het Corteva Agriscience ook twee na-opkoms-koringonkruiddoders bekendgestel: Quelex™ 200 WG en Tarzec™ 320 WG, wat koringboere in Suid-Afrika reeds fluks help om breëblaaronkruid en grasse doeltreffend te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.