Lê onluste voor regering se deur, sê TLU SA

Foto ter illustrasie. (Foto: Sosiale media)

TLU SA sê hy is teleurgesteld in pres. Cyril Ramaphosa en die ANC-regering se hantering van die situasie in Suid-Afrika. Om bloot ʼn pleister te plak op die groot gapende wond – ekonomiese verval – gaan beslis nie die probleem oplos nie.

“Dit is een ding om te sê ons moet nie afbreek nie, maar die ekonomie eerder opbou,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA. “Dit is iets heeltemal anders om inderdaad só te lei en die regte ekonomiese beginsels bo enige ander aspekte te implementeer sodat die ekonomie wel opgebou kan word.”

Dit is verkeerd om te dink die onluste wat die land op die oomblik lam lê is net ʼn gevolg van ontevrede Zuma-ondersteuners. Dit was bloot die vonk in die kruitvat van wat TLU SA reeds lankal voorspel. Die land se werkloosheidskoers staan op 43%. Onder jong mense is dit meer as 46%. Die ANC-regering het hierdie sosio-ekonomiese probleme geskep en dit sal ʼn probleem bly totdat die beginsels vir ekonomiese groei van toepassing is.

“Pres. Ramaphosa, dit is jou verantwoordelikheid om om te sien na die veiligheid van elke Suid-Afrikaner,” sê Geldenhuys. “Dit is ook die regering se verantwoordelikheid om te verseker dat die situasie in die land gunstig is vir belegging.

“Jy misluk in jou primêre verantwoordelikheid as die president van die land. Die land brand en dit is julle skuld. Julle moes lankal reeds halt geroep het met beleid soos onteiening sonder vergoeding en regstellende aksie. Julle moes ook lankal reeds ferm opgetree het teen korrupte politici en amptenare. Dan was daar nou stabiliteit in die land.”

Volgens TLU SA het die heersende onluste reeds ʼn negatiewe impak op die voorsiening van landbouprodukte. Dié organisasie voorsien ook dat ʼn toename in plaasaanvalle en die verniel van landbouprodukte in die gees van anargie verwag kan word.

“Ons spreek ons ten sterkste uit teen die barbarisme wat nou in die land heers,” sê Geldenhuys. “Beskaafde mense wend hulle nie tot misdaad wanneer hulle oor iets ontevrede is nie.

“Ons wil elke Suid-Afrikaner, maar veral ons landboulede aanmoedig om paraat te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

Dink julle vir een oomblik hy steur hom aan wat julle se ? Hy het duidelik sy steun en empatie aan sy vriend saam met wie hy kerjakker het NA hy hom laat bedank het geskaar . Hy het duidelik ook geen probleem met die anargie wat heers nie , want dit is die onderdrukkers se eiendom . Punt .

Elinette ·

“Beskaafde mense wend hulle nie tot misdaad wanneer hulle oor iets ontevrede is nie” – INDERDAAD. En dit is die hele probleem. Omtrent 90% van die bevolking tans in SA, voldoen NIE aan daardie eerste twee woorde in hierdie aanhaling nie.

Kerneels ·

Die gemiddelde IK vir Suid-Afrika is 73 of 77 (afhangend van watter bron jy raadpleeg). Dis enkele punte bo70, wat die afsnypunt is vir verstandelik gestremdheid. My persoonlike opinie is dat die meeste voetsoldaatjies wat so plunder, nie vir hulself kan dink wat die negatiewe gevolge van die afgelope paar dae se chaos in Suid-Afrika gaan wees nie. Hulle het net eenvoudig nie die verstand daarvoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.