Namibië getref deur nuwe bek-en-klouseer-stam

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Namibië se ministerie van landbou het aangekondig dat hulle ’n bek-en-klouseer-uitbreking van die serotipe O in sy noordoostelike Zambezi-streek opgespoor het.

Volgens die hoof- veterinêre beampte van die ministerie van landbou, Albertina Shikongo, is die bewyse daar dat die nuwe stam meer aansteeklik as ander stamme is. “Ondanks die hoë inentingsyfer van ongeveer 90%, kan ons steeds nuwe gevalle onder ingeënte kuddes bespeur.

“Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die serotipe O-stam hier geïdentifiseer is en die hoë infeksiesyfer verklaar die inentings se swak reaksie teen hierdie stam,” het sy gesê.

Shikongo het gesê dat verdere ondersoeke na die oorsprong van die nuwe stam aan die gang is, maar het bygevoeg dat ʼn vermoede bestaan dat die uitbreking die gevolg is van onwettige oorgrensverskuiwing van beeste tussen Namibië se Zambezi-streek en Zambië.

Namibië het sedertdien vier distrikte tot besmette gebiede verklaar, terwyl die hele Zambezi-streek tot ’n moniteringsgebied verklaar is. Daarbenewens is die beweging van gekloofde diere, sowel as moontlike aansteeklike goedere in en uit die beperkte gebiede, verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
marius

Dieselfe spul wat die beheer drade en grense as rassistiese snert afgemaak het ?