John Deere baas gesels oor jongste tegnologie

Jaco Beyers is onlangs as John Deere se besturende direkteur vir Afrika en die Midde-Ooste aangewys. (Foto verskaf)

John Deere, die vervaardiger van landbou-implemente, het in Oktober verlede jaar sy verkoopsdirekteur vir Afrika suid van die Sahara, Jaco Beyers, bevorder tot besturende direkteur van sy Afrika- en Midde-Ooste-streek.

Beyers het 16 jaar onder die vaandel van hierdie maatskappy gewerk waar hy aktief gehelp het om die markaandeel te vergroot en kanaalontwikkeling regoor Afrika te dryf. Met sy uitgebreide kennis en ervaring van landbou in Afrika, voel Beyers passievol om meer en beter oplossings vir alle boerderysegmente op die vasteland te vind.

“Ek is baie opgewonde oor die jongste baanbrekerswerk wat John Deere doen. Ek weet dat ons tegnologie ons kliënte en hul boerderye baie suksesvol maak. Soos altyd ontwikkel ons oplossings wat daarop gemik is om ons gewaardeerde boere meer beheer oor veranderlikes in die landbou te gee.”

Beyers moedig boere aan om van John Deere se jongste tegnologiese hulpmiddels gebruik te maak:

Die Operations Centre is ontwerp is om ʼn hele boerdery se bestuur te sentraliseer. Dit boekstaaf al die toepaslike aksies op elke masjien om uitset te meet en bruikbare inligting vir die boer te verskaf sodra die regte tyd aanbreek.

Om jou stroper optimaal te laat funksioneer is dit van kardinale belang dat die tapkar elke oomblik op die regte tyd en op die regte plek moet wees om die stroper so gou moontlik van sy vrag te verlos. Met Machine Sync word die raaiwerk uitskakel deur die stroperoperateur in sy kajuit beheer oor die tapkar te gee.

In gevalle waar die stroper mielies laat val en die operateur nie die oesrye duidelik kan sien nie, het John Deere AutoPath™ ontwikkel, wat die eerste van sy soort in die bedryf is. Dié funksie lei die stroper om vermorste mielies weer op te tel en die stroper weer op die regte koers te kry.

Met Connected Support™ kan ʼn boer sy handelaar se tegnikus in staat stel om oor ʼn afstand toegang tot die masjien te verkry en vroegtydig waarskuwings te ontvang. Dit verkort die probleemoplossingsproses sodat staantyd tot ʼn minimum beperk word.

Om ʼn groener omgewing te skep deur aansienlik minder chemikalieë te gebruik, wat derhalwe meer geld in ʼn boer se sak sal laat, het John Deere See & Spray ontwikkel. Met 36 kameras op ʼn 36 m spuitbalk kan enige plant of onkruid deur masjienleer geïdentifiseer word sodat slegs die ongewenstes met gefokuste spuitkoppe geëlimineer word. Hierdie proses kan teen ʼn spoed van meer as 19 km/h uitgevoer word.

“Al bogenoemde produkte en tegnologie kan volgens jou behoeftes ingestel en aangepas word. Om jou boerdery te optimaliseer, moet jy met jou plaaslike handelaar gesels oor jou eiesoortige vereistes wanneer jy weer by hulle ʼn draai maak,” sê Beyers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andries ·

In Amerika woed daar ‘n twisstryd oor die reg om self te kan herstel – wat het daarvan geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.