Planttyd kom nader en boere soek finansiering

Foto ter illustrasie. (Foto: Steve Buissinne, Pixabay)

Met die ineenstorting van die Landbank is Suid-Afrikaanse landbou in ʼn krisis gedompel met die dat die kraantjie vir deurlopende produksiefinansiering net toegedraai is.

“Terwyl die meeste mense 2020 sal onthou as die jaar van rampe soos die Covid-19-pandemie, brande en droogte, sal boere dit onthou as die jaar waarin die Landbank ineengestort het, en die boere in ’n finansieringsvakuum gelaat is,” sê Theo de Jager, uitvoerende voorsitter van Saai en president van die Wêreldlandbou-organisasie.

Middelgroot en klein kommersiële boere, wat ook mildelik tot die land se voedselsekerheid bydra, is in die knyp en opkomende landbou, wat sterk steun op die Landbank vir aanvangskapitaal, gaan ook ʼn knou toegedien word.

Volgens Saai is landboufinansiering nou een van die taaiste uitdagings vir boere in Suid-Afrika.

Verskeie instansies uit die private sektor het noodgedwonge ingetree om die gaping wat die Landbank gelaat het, te probeer vul. As ’n netwerk vir familieboere van alle groottes en kapasiteite het Saai ’n webinaar gereël om ’n aantal van hierdie inisiatiewe aan boere en landbou-ondernemings bekend te stel.

Volgens Saai is daar wel suksesse, maar die gevaar is nog nie naastenby afgeweer nie en alternatiewe opsies bied vele uitdagings.

Handelsbanke het reeds begin om finansiering te bied aan honderde voormalige Landbank-kliënte en probeer steeds maniere vind om nóg voormalige Landbank-kliënte te betrek. Dit kos die boer wel ’n bietjie meer. Die handelsbanke het dus op die groter boere gefokus en daarin geslaag om ’n paar van die sterkste en mees gevestigde boere as kliënte te kry. Dit maak dit vir die kleiner en mediumgrootte boere nóg moeiliker om toegang tot geleenthede soos hierdie te kry om finansiering te bekom.

Sommige koöperasies en landbou-insetverskaffers het daarin geslaag om buitelandse finansiering te bekom om die Landbank as oorspronklike lener te vervang. Hierdie proses het sy eie risiko’s, soos wisselvallige wisselkoerse, en dit het hierdie koöperasies bykans vyf jaar geneem om kanale te skep en prosesse in werking te stel voordat hierdie fasiliteite beskikbaar gemaak kon word.

’n Ander opsie wat op korter termyn beskikbaar is, is die vooruitkoop van produkte, veral by invoerders van die Verenigde Arabiese Emirate en elders in die Midde-Ooste. Daar is ’n oorvloed geleenthede hier, maar dit is ’n druppel in die emmer om landwye voedselsekerheid hier in Suid-Afrika te verseker.

Rabo Bank, ’n koöperatiewe bank in Nederland wat ook in ’n aantal buurlande en elders in Afrika teenwoordig is, het hul gewilligheid en voorwaardes vir uitbreiding na die Suid-Afrikaanse landboumark aangedui.

Op lang termyn sal die droom verwesenlik kan word om ’n koöperatiewe bank in Suid-Afrika te vestig wat aan die boere self sal behoort.

Soos planttyd nader kom, raak boere toenemend desperaat vir finansiering. Sonder finansiering sal daar geen produksie wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Andrew

Die probleem met buitelande befondsing , soos met “franchise” regulasies, BBBEEEEEE moet van toepassing wees om die geld te kan inbring. Dit sluit dan famielie boere uit en sal net die groot co-orporatiewe landbou instansies (wat in elk geval nie sukkel met befondsing nie) diens. Wat van n kort termyn hoe risiko belegging struktuur waar normale mense geld kan belê op kort termyn, en dan na 6 maande se inset plus x % terug betaal word soos daar geoes word. Alle risiko’s natuurlik in ag geneem, behoorlike 3de party deursigtigheid en met die nodig sekuriteite in plek. Langtermyn privaat bank… Lees meer »