Trekker-, stroperverkope uiters gesond

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Vir September is 30% ʼn uitsonderlike syfer as dit by masjinerieverkope kom.

Die 724 trekkers wat gedurende September verkoop is, is byna 30% meer as die 561 eenhede wat ʼn jaar gelede verkoop is. Vir die jaar tot dusver het dit ook met byna 30% toegeneem – oftewel 5 382 eenhede – teenoor die 4 155 eenhede in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Stroperverkope het vanjaar ook met byna 30% toegeneem as dit met die eerste nege maande van verlede jaar vergelyk word. As verlede maand se stroperverkope met September verlede jaar vergelyk word, is dit ʼn allemintige drie keer meer, met ʼn toename van 90,9%.

In September is 21 stropers verkoop, teenoor die 11 in September 2020.

“Sentiment in die mark bly steeds positief en kommoditeitspryse bly bestendig. Die vroeë reëns het daartoe gelei dat sekere boere, veral in die oostelike dele, begin het om somergewasse aan te plant,” sê Karel Munnik, voorsitter van die Suid-Afrikaanse landboumasjinerievereniging (SAAMA).

Hy sê vooruitsigte vir wintergewasse is bemoedigend wat weerspieël word deur goeie stroperverkope in die Wes-Kaap. Ramings in die bedryf vir die res van die jaar dui daarop dat trekkerverkope in die 2021-kalenderjaar tussen 15% en 20% meer kan wees as verkope verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Dis ‘n bemoedigende teken van vertroue ten spyte van ANC se drakoniese agendas.