Vergeet van minimumloon, bemagtig werkers só

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

TLU SA het op ʼn algemene uitnodiging van die nasionale minimumloonkommissie (NMK) ʼn voorlegging ingedien wat voorstel dat die regering ʼn permit vir werklose persone oorweeg, wat hulle van die bepalings van die nasionale minimumloonwet kwytskeld. Persone met só ʼn permit sal vir hul eie vergoeding kan onderhandel wanneer hulle vir werk aansoek doen.

Die NMK het voorstelle oor moontlike aanpassings aan die Wet op die Nasionale Minimumloon van 2018 versoek.

“Voordat die nasionale minimumloon wet geword het, het ons herhaaldelik uitgewys dat die Suid-Afrikaanse ekonomie so ʼn loon nie kan volhou nie,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA. “Ons het verlede jaar, voordat die minimumloon vir plaaswerkers met 16,1% aangepas is, selfs ʼn dispuut met die minister van arbeid, Thulas Nxesi verklaar, maar steeds is die verhoging toegepas.

“Dit is ongelooflik hoe die regering steeds voortgaan om in silo’s te werk en nie die groter prentjie kan sien nie.”

Volgens TLU SA moes baie van hul lede reeds stappe doen om werkers af te dank in ruil vir tegnologie en meganisasie, omdat die minimumloon onbekostigbaar is. ʼn Verdere styging in die minimumloon sal noodwendig tot meer afdankings lei.

TLU SA sê hulle glo dat ekonomiese groei met gepaardgaande werkskepping die meeste probleme in die land sal oplos. Die regering moet daarom die beleid om beleggings te lok, hersien.

“Ons is steeds van mening dat die toepassing van die minimumloonwet en enige voorstelle om dit in 2022 verder te verhoog, ʼn negatiewe en omvangryke impak op werkverskaffing, boere, landbou en voedselproduksie vir Suid-Afrika sal hê en staan dit dus teen,” sê Geldenhuys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
MAGRIETHA

Stem saam dit kan werkloosheid met duisende verminder en die staat sy R350 grands bespaar , dit sal armes baie help ek onthou hoe werkers huis toe gegaan het met baie extras kos,klere ens plus hul selarisse