‘Werksverliese is minister se skuld’ – TLU SA

TLU SA is baie bekommerd oor die gevolge wat die nuwe minimumloon op die reeds uitermatige hoë werkloosheidsyfer in die land sal hê.

“Ons betreur die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, se benadering en hantering van die geskil ten opsigte van die verhoogde minimum loon van 16,1% vir plaaswerkers,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

“Ons het herhaaldelik na die minister uitgereik met die oog op ʼn gesprek om tot ʼn sinvolle vergelyk en oplossing te kom. Dit is ʼn kwade dag dat die minister van arbeid in ʼn land waar die werkloosheidsyfer op 42% staan, eerder bereid is om werksverliese te veroorsaak as om te probeer om na die belange van die werkers in die produksieproses om te sien.

“Wie kyk na die werklose mense in die land?”

Geldenhuys voer aan dat TLU SA alles moontlik gedoen om te verhoed dat boere afleggings moet doen om te kan voldoen aan die produksievereistes wat vir winsgewendheid nodig is. Die werklose menigte wat smag na die geleentheid om te kan werk, maar deur die ANC se beleid daarvan ontneem word, skep ʼn onaanvaarbare sosio-maatskaplike probleem vir die land, sê hy.

“Elke boer moet nou opnuut sy winsgewendheid en produktiwiteit ontleed en evalueer. Operasionele aanpassings sal noodwendig gemaak moet word om in produksie te bly,” sê hy.

TLU SA is van mening dat alles nou moontlik gedoen moet word om die land se ekonomie te stimuleer sodat die land by voldoende groei kan uitkom. Dit sou insluit dat die produksiefaktore so bekostigbaar as moontlik binne bereik van die entrepreneurs geplaas moet word.

“Terwyl die president onderneem om die ekonomie te herbou, beloof die minister in werklikheid afleggings en skade aan die ekonomie,” sê Geldenhuys. “Miskien moet die president oorweeg of minister Nxesi wel die regte persoon vir die pos is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Meer haweloses wat aan ons deure gaan klop vir hulp. Of vuil in ons strate lê en bedel.

Pieter ·

Of misdaad pleeg soos plaasaanvalle en huisrowe. Hulle ken mos die opset.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.