Wes-Kaap reik uit na daggabedryf

Foto ter illustrasie. (Argieffoto: pixabay)

Die minister van landbou in die Wes-Kaap, Ivan Meyer, het hierdie week die Felbridge-daggaplaas buite Stellenbosch besoek en gesê dié provinsie wil homself as ʼn spilpunt in die verbouing van dagga posisioneer.

“Die daggasektor bied enorme potensiaal om klein, middelslag en mikro-ondernemings te ontwikkel, plaaslike en buitelandse beleggings te lok en waarde in die verwerking en vervaardiging van verskillende produkte vir plaaslike en uitvoermarkte toe te voeg,” sê Meyer.

Hy glo dat ʼn waardekettingbenadering die potensiaal het om inkomste te genereer, werk te skep en by te dra tot vaardigheidsontwikkeling.

“Die Suid-Afrikaanse daggabedryf word op R28 miljard geraam en kan tussen 10 000 en 25 000 werkgeleenthede deur die hele waardeketting skep. Dit sal ook tot afwisseling en uiteenlopendheid in die ekonomie lei en sodoende ekonomiese groei verhoog en armoede verlig.

“Ons sien derhalwe uit om deel te neem aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se daggameesterplan. Deur dit te doen kan die Wes-Kaap tot die versterking van die plan bydra, soos byvoorbeeld die ontwikkeling van volhoubare saadvoorsieningstelsels en die ondersteuning vir diegene wat die bedryf wil betree.”

Meyer sê daggaverbouing is nou ʼn wêreldwye bedryf en die Wes-Kaap wil (verlore) werkgeleenthede in hierdie groeiende bedryf skep. “Boonop bied dit as ʼn onbenutte bedryf enorme potensiaal vir ekonomiese herstel in die Wes-Kaap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buck ·

Ja, wat se n mens. Ek kom nou al 60 jaar daar sonder. Sal maar verby hou

koos10 ·

Buck, daar is bitter goeie voordele aan dagga, net jammer dat mense net die rook daarvan en die daggakoppe daarin sien.

Androclus ·

Dis bobbejaantwak almal wat dit rook val onder die naam,van die twak.

Jubba ·

Androclus as jy kan lees kan jy presteer, doen jou huiwerk en jy sal leer dit is meer as net bojaantwak/rondkyktwak/aaptwak/parkiegras/ghanja of watookal kannabis anders genoem word.

piet ·

Die plant het ‘n ongelukkige negatiewe reputasie weens mense wat dit misbruik. As jy enige iets misbruik (of nie gebruik soos jy dit behoort te gebruik nie) kan dit tot jou nadeel wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.