John Deere se smal trekkers glip deur die boorde

Met kajuit of oopstasie, John Deere se boordtrekkers werk sonder sukkel saam met die regte werktuie. (Foto: Verskaf)

Artikel verskaf deur John Deere

Gesonde groei in die vrugtebedryf is duidelik sigbaar oor die hele Suid-Afrika. Met die wye verskeidenheid vrugte wat jaarliks in Suid-Afrika geproduseer word, is dit dus geen verrassing dat die plaaslike mark én uitvoermarkte gretig wag vir die hoëgehaltevrugte wat Suid-Afrikaanse vrugte- en wingerdboere produseer nie. Met gesogte vrugte wat strek van tafeldruiwe, appels, lemoene en pruime tot vele meer, is dit duidelik waarom die helfte van ons uitvoerprodukte wel vrugte is.

Weens die verskillende klimaatstreke in Suid-Afrika floreer verskeie vrugtegewasse in verskillende gebiede. Boorde strek vanaf kusgebiede soos die Wes- en Oos-Kaap, asook KwaZulu-Natal se Middellande en beweeg dan na landelike gebiede soos die Noord-Kaap, die ooste van Mpumalanga en Limpopo.

Ongelukkig moet hoë kapitaalkoste aangegaan word om vrugte van die grond af te kry en dit neem omtrent vyf tot ses jaar om te vestig en ʼn ordentlike oes af te haal. In dié bedryf moet jy hare op jou tande hê, maar alle goeie dinge neem tyd en ná ʼn paar jaar kan jy letterlik die vrugte van jou belegging pluk.

Of jy nou besig is om nuwe boorde te plant en of jy reeds gevestigde boorde het, daar is voortdurend regstreekse insetkoste asook onregstreekse koste, soos meganisering, wat in ag geneem moet word om jou boerdery in stand te hou. Op die ou end kan dit ʼn duur geldsom word, wat dit baie belangrik maak vir produsente om die beste algehele besluit rakende hul aankope te neem.

John Deere het goeie nuus vir vrugte- en wingerdboere

Die waarde van John Deere lê nie bloot in die naam of die kleur van die verf nie, maar in dít wat die trekker of werktuig jou kan bied, die diens wat jy ontvang, asook die beskikbaarheid van onderdele vir deurlopende onderhoud van jou produkte.

Hierdie bekende groen-en-geel handelsmerk bied aan vrugteboere ʼn reeks trekkers wat nie net die mas opkom nie, maar ook waardevolle en omvattende oplossings bied en die aankoopbelegging geheel en al regverdig.

Gehalte en duursaamheid is sinoniem met die John Deere 5D- en 5E-reeks trekkers, wat na meer as 110 lande wêreldwyd uitgevoer word.

John Deere se 5D- en 5E-reeks boordtrekkers straal gehalte en hardwerkendheid uit. (Foto: Verskaf)

5D-reeks

Drie modelle is in die 5D-reeks beskikbaar, die 5039D (29 kW), die 5045D (34 kW), asook die 5050D (37 kW). Die volledige reeks is standaard toegerus met ʼn 8F/4R Collar Shift- (CS-)ratkas. Met ʼn uitstekende hysvermoë van 1 400 kg en die trekkers se 540/540E-aftakkers is dié kompakte reeks die regte produk om saam met boordspuite te gebruik.

5E-reeks

Die 5E-reeks bied ook drie modelle, die 5055E (41 kW), die 6065E (49 kW) en die 5075E (56 kW), wat almal toegerus is met die gewilde John Deere 3-silinder-, 2,9 l-turbodieselenjin. Die 5075E is ook beskikbaar as ʼn oopstasietrekker of kajuitmodel.

Boere het ook die opsie van ʼn 9F/3R SyncroShuttle (TSS) of die 12F/12R PowerReverser- (PR-)ratkas op die 5E-model. Al drie trekkers word standaard toegerus met ʼn kategorie II-driepunthyser wat maklik 1 800 kg kan lig, asook ʼn 540/540E-aftakas en hidrouliese afstandbeheerde klep.

Die trekkers werk uitstekend in boorde saam met gepaste werktuie en toerusting soos ʼn ploeg, skoffel, planter, spuit en sleepwa.

Die bykomende 37%-wringkragreserwe van die 5E-reeks maak dit vir die trekker moontlik om groter vragte maklik te hanteer. Nie net is verhoogde produktiwiteit ʼn waarborg met die reeks nie, maar dit verseker ook verbeterde brandstofverbruik tydens grondbewerking.

5EN- en 5EF-reeks

Die John Deere 5EN- en 5EF-reeks trekkers is spesifiek ontwerp om gemaklik in wingerde en boorde te werk, wat aanpasbaar is tot ʼn minimum breedte van 1,32 m aan die buitekant van die agterbande.

Die 5EN-reeks bied twee modelle, die 5076EN (956 kW) en die 5090EN (67 kW), terwyl die 5EF-reeks een model, die 5075EF, bied.

Al die trekkers word met ʼn John Deere 4-silinder-, 4,5 l-turbodieselenjin toegerus. Die 4,5 l-enjin, bekend vir sy betroubaarheid, word gebruik in John Deere-trekkers van tot 135 kW en bied gemoedsrus wanneer dit kom by daaglikse aktiwiteite, brandstofverbruik, gehalte en duursaamheid.

Belê in die toekoms. Belê in John Deere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Pietertjie

Dis hoe kommunisme werk: twee treë vorentoe, dan teenstand en tree terug, dan weer twee treë vorentoe…