Splinternuwe onderstel tot dak vir McCormick X7.624

Boere gaan verlief raak op die McCormick X7.624 se treffende neus.

Met die sterkste enjins en grootste ratkaste om van te droom, is dit vandag baie moeilik om op trekkers se werkverrigting te verbeter. Hedendaagse trekkers beskik ook oor alles wat oop- en toemaak, en dit verg uiterste vindingrykheid om die topmodel-werkesels in ʼn reeks aantrekliker te laat lyk en meer genot in hulle bedryfservaring te plaas.

McCormick het nie vir hierdie uitdaging geskrik nie en sy nuwe X7.624 is omtrent van kop tot tone herontwerp, met ʼn nuwe onderstel, enjin, enjinkap, kajuit, kontrolepaneel en dak.

Onder die enjinkap met ʼn treffende vooraansig brul daar ’n kragtige hoëwerkverrigting-enjin van 180 kW (240 pk) wat spog met ’n maksimum wringkrag van 983 Nm teen 1 400 omwentelinge per minuut.

Die V-reeks-enjin in ’n nuwe generasie, wat stewig in die gietysteronderstel rus, is minder gulsig met brandstof en vibreer aansienlik minder. Die gevorderde VT-ratkasaandrywing en die voorste veringstelsel verseker padhouvermoë, reaksietyd en gemak. Die unieke handkontrole op die armleuning bied vyf MyFunction-programmeerbare knoppies vir die drywer se gerief.

Die nuwe X7.624 VT-aandrywing-trekker het met vlieënde vaandels daarin geslaag om op bestaande uitnemendheid te verbeter.

Die Suid-Afrikaanse agent van hierdie modieuse, Italiaanse pragstuk is Argo Tractors.

Die nuwe enjin. (Foto verskaf)

Die nuwe kontrole-eenheid. (Foto verskaf)

Die nuwe enjinkap. (Foto verskaf)

Bo-aansig van die nuwe kajuitdak. (Foto verskaf)

Nuwe beligting. (Foto verskaf)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Ai maar dis ‘n prag stuk toerusting. Detail opleiding hier in hantering daarvan is van uiterste belang

JohanR ·

‘n Trekker is darem ‘n lekker ding deesdae. Vir die wat van trekkers ken, onthou ek die van die 60’s en 70’s op van my skoolvriende se plaase. Ook mar net twee groot wiele, twee klein wiele, ‘n enjin en ‘n stuurwiel. Hoeveel kos die lekker ding…….R500000 tot R1500000 miskien?

ᛄᚪᚾ ·

Netjiese stukkie toerusting. Al wat werklik pla: Daardie groot silwer plastiek sierroster – dit lyk darm bietjie goedkoop. En op die dak, is daar `n los kabel vanaf die GPS ontvanger(?) behoort beter installeer wees sodat die nie kan vashaak iewers en beskadig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.