Mooikrans: Meer as net ʼn landboukollege

Die wolskool by Mooikrans (Foto verskaf)

Mooikrans Opleiding Instituut is meer as net ʼn landboukollege. Dit is ʼn moderne, eietydse landboukollege waar praktiese opleiding in die ware sin van die woord plaasvind, sonder dat die noodsaaklike teorie ingeboet word.

Sowat 40 studente (mans en vroue) skryf jaarliks in by Mooikrans Opleiding Instituut om hulle een jaar lange landbousertifikaat (NQF 4) of hul twee jaar lange landboudiploma (NQF 5) te voltooi. Plantproduksie en diereproduksie word aangebied en die student kan kies om slegs een van die twee, of beide te neem.

Die kursusse is deur AgriSETA geakkrediteer en die kwalifikasie word wêreldwyd erken. Ons oudstudente is op plase, of iewers in die landboubedryf werksaam in Amerika, Kanada, Australië en talle ander lande. Selfs op ‘n melkplaas in Hongarye!

In Suid-Afrika word hulle opgeraap deur boere wat op soek is na opgeleide jong boere met meer as die alledaagse ervaring in die praktyk.

Die aantal verpligte praktiese ure wat studente byvoorbeeld aan die beeskursus bestee, verseker dat hulle veesiektes ken, weet wanneer en waarvoor geënt moet word en weet wat die voedingsbehoeftes van diere in die verskillende produksie stadiums is.

Prakties:  Mooikrans-model van 50% prakties en 50% teorie

Hulle kan onder andere dragtigheidsondersoeke en kunsmatige inseminasie doen en kan ‘n wolskeerselklas volgens internasionale standaarde voltooi. In plantproduksie word kunsmis, voedingstekorte by plante, plantsiektes en -plae en vele meer behandel. Hulle weet hoe werk ʼn binnebrandenjin, hulle kan ‘n trekker of plaasbakkie diens en kan basiese sweiswerk doen.

Van die leerinhoud word verskaf deur i3A (International Agricultural Academy for Africa) en die internasionale sertifikaat of diploma word deur hierdie instansie uitgereik.

‘n Akademiese advieskomitee wat onder andere bestaan uit ‘n professor in landbou, gegradueerde dosente, megaboere en ander rolspelers in die bedryf, sorg dat die hoë standaard van Mooikrans se fundamentele kursusse gehandhaaf word.

Verskeie spesialiste op hul gebied, byvoorbeeld die hoof van MSD-opleiding, sal jaarliks intensiewe lesings oor veesiektes aanbied wat oor twee of drie dae strek.

Meer as net ʼn landboukollege

Mooikrans-studente (Foto verskaf)

Die groot komponent van praktiese opleiding vereis dat studente op Mooikrans moet inwoon waar hulle op Mooikrans se plaas, maar ook op ander plase, praktiese take moet uitvoer. Die studente geniet ʼn studentelewe in die kleine en hegte vriendskappe word gedurende die studiejare gevorm.

Mooikrans bied aan die jong skoolverlater ʼn geleentheid om ʼn gesogte kwalifikasie te verwerf binne ʼn omgewing waar Christelike, Afrikaanse waardes en norms gehandhaaf word. Deur die jare sien en beleef ons hoe die jong en onseker eerstejaartjie sy/haar inherente persoonlikheidseienskappe ontdek en mettertyd uitbou, om dan die arbeidsmark met selfvertroue te betree aan die einde van hul tweedejaar.

Sedert 1999

Mooikrans Opvoedkundige en Opleiding Instituut is in 1999 op die plaas Mooigelegen in die Amersfoortdistrik in Mpumalanga op die been gebring en het sedertdien opvoedkundige kampe vir duisende kinders en honderde skoolgroepe aangebied. Die landbou-opleiding en opleiding in perdondersteunde terapie word sedert 2017 aangebied.

Lees meer by www.mooikrans.co.za, besoek die Facebook-blad, Instagram of stuur ʼn e-pos aan Elna Wahl, die eienaar en uitvoerende hoof van Mooikrans by [email protected].

  • Mooikrans Opleiding Instituut stal by die Sakeliga KragDag Sentraal 2023 uit van 9-12 Augustus, op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Kaartjies vir hierdie Alternatiewe Energie en Selfstandigheid Ekspo beloop R50 per volwassene aanlyn en kinders onder die ouderdom van 18 kan die ekspo gratis bywoon. Koop jou kaartjie vandag nog by waantu.co.za

Mooikrans-studente (Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.