’n Vinniger, stiller en veiliger slypskyf

PFERD se CC-Grind-Robust (Foto verskaf)

PFERD se nuwe CC-Grind-Robust-slypskyf werk drie keer vinniger as konvensionele slypskywe en boonop met minder geraas, stof en vibrasie.

Dit beteken ’n boer of sy werknemers kan enige slypwerk vinniger en in meer gemak afhandel.

Wat die CC-Grind-Robust van ander slypskywe onderskei, is dat dit nie ’n multilaag-  of skuurskyf (fibre disc) is nie, maar van keramiekkorrels gemaak is wat optimaal op ’n glasveselrugkant belyn is. Dit is deel van PFERD se Victograin-reeks wat uit driehoekige keramiekkorrels bestaan.

Keramiekkorrels se voordeel bo konvensionele slypkorrels is dat hulle hulself as’t ware deurentyd skerp maak. Die keramiekkorrels breek geleidelik af en skep voortdurend nuwe skerp snykante. Danksy dié proses kan die produk vir sy hele lewensduur aggressief bly sny.

Hoewel dit ’n aggressiewe materiaalverwyderingskoers het, behaal dit deurlopend ’n hoë gehalte oppervlakte-afwerking. Omdat die slypskyf lig is wat sy gewig aanbetref, kan die persoon wat dit hanteer, dit maklik hanteer om materiaalverwydering meer presies te kan doen.

Danksy die doeltreffende materiaalverwydering, is die temperatuur in die area waar slypwerk gedoen word, beduidend laer as met ander konvensionele metodes, en is daar minder nodigheid vir bykomende stappe om hitteverkleuring te verwyder.

Die CC-Grind-Robust het by die onlangse Kwazulu-Natal Industrial Technology Exhibition (K.I.T.E) se Innovasie en Nuwe Produk-toekennings weggestap as wenner in die algemene masjinerie en toerusting-kategorie vir produkte wat deur ʼn internasionale maatskappy ontwerp en vervaardig word.

PFERD se Robust-produkreeks is ideaal vir ʼn verskeidenheid van take soos oppervlakteslyping en sweisafwerking op verskeie stale insluitend vlekvrye staal.

PFERD is ʼn vervaardiger en verspreider van ʼn wye reeks hoë-gehalte skuur- en snymiddel-oplossings, insluitend snywiele, skuurskywe, draadborsels asook masjinerie.

Vir meer inligting rakende die CC-Grind-Robust, of enige van PFERD se ander hoëwerkverrigting-skuurmiddels, skakel ons gerus. Ons nooi jou ook uit om gebruik te maak van ons span aanwendingspesialiste wat kan help met aanwendingsoplossings om sodoende operasionele doeltreffendheid te verseker.

E-pos: [email protected]
Telefoon: 011 230 4000
Webwerf: www.pferd.co.za

  • PFERD stal by die Sakeliga KragDag Sentraal 2023 uit van 9-12 Augustus, op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Kaartjies vir hierdie Alternatiewe Energie en Selfstandigheid Ekspo beloop R50 per volwassene aanlyn en kinders onder die ouderdom van 18 kan die ekspo gratis bywoon. Koop jou kaartjie vandag nog by waantu.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.