Belê in die ruggraat van sonkrag: Siteform se ligtestaalkonstruksie

(Foto verskaf deur Siteform)

Die koste daarvan om elektrisiteit uit wind en sonkrag op te wek, word al hoe minder. Dit is geen geheim nie dat die opwekkingskoste van hernubare kragbronne soos wind en sonkrag in Suid-Afrika deesdae selfs minder as uit steenkool is. Boonop het pres. Cyril Ramaphosa in sy onlangse staatsrede as deel van die energiekrisisplan belowe dat sakeondernemings en huishoudings “losgelaat gaan word om in dakgemonteerde sonkrag te belê”. Dit is ʼn seker saak dat huishoudings en ondernemings voordeel sal kan trek uit aansporings vir sonkrag.

Volhoubare private kragopwekking, met die regte strukture in plek, is die pad vorentoe vir Suid-Afrikaners. Gehalte staalkonstruksie vorm die ruggraat van enige sonkragstelsel. Siteform, wat reeds vanaf 2006 vir homself naam maak vir sy ligtestaalstrukture, spesialiseer in losstaande asook verstelbare sonkragstrukture; P2000-spore; pasgemaakte strukture en hellings op aanvraag. Siteform is ook die betroubare verskaffer van huishoudelike en industriële stelsels wat enige ander soort struktuur vervaardig en oprig.

Siteform Roofing het in 2006 begin as ’n profilering, oftewel rolvorming, maatskappy wat topgehalte plaatbekleding van verskeie profiele vir die huishoudelike en kommersiële mark verskaf. Rolvorming is die proses waarmee dakplate gevorm word. ʼn Spoelplaat word deur ʼn masjien met rollers gestuur. Hierdie rollers vorm dan die plaat in die gekose profiel dakplaat (bv. IBR, Victoriaans, en so aan).

Die maatskappy het gou besef daar is ’n groeiende vraag na nuwe tegnologie in die boubedryf, en het daarom in 2007 hul eerste ligtestaalprofileerder bekom. Siteform maak gebruik van CAD-programme om hangwerk en muurpanele met ongeëwenaarde akkuraatheid en presisie te vervaardig. Vandag het die maatskappy 21 profileringmasjiene; hul eie spoelplaat-gleuflyn; en ʼn uiters bekwame personeelgroep van meer as 50 mense.

(Foto verskaf deur Siteform)

Siteform glo in die belangrikheid van die regte struktuur wat die belegging van private kragopwekking die moeite werd sal maak en verseker dat die gebruiker die regte metodes volg. Die voordele van Siteform se strukture sluit in dat dit eenvoudig is om aanmekaar te sit, dit is lig en maklik vervoerbaar, en die materiaal is algemeen beskikbaar en bestand teen roes en alle weersomstandighede. Die strukture behels ook geen onderhoud nie.

Siteform streef daarna om die mees betroubare, eerlike en bou-effektiewe maatskappy in die land te wees. Hulle is geleë in Bloemfontein en lewer landswyd af, met of sonder oprigting.

Kontak hulle vandag nog by 051 451 2166 of besoek hul webtuiste by siteform.co.za vir meer inligting.

(Foto verskaf deur Siteform)

’n Aantal projekte is reeds aan die gang in onder meer die Noord-Kaap wat insluit die ontwikkeling van Sasol se nuwe aanleg by Boegoebaai en die Prieska Power Reserve van R9,7 miljard wat deel is van die groenwaterstofplan.

Suid-Afrika ondersoek reeds sedert 2007 die potensiaal van die groenwaterstof deur H2 South Africa, wat deur die departement van wetenskap en innovering gelei word.

Daar is ook die Waterstofvalleiprojek in Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal.

Dié projek is volgens Jackwell Feris, ’n kenner van die kommersiële regsfirma Cliffe Dekker Hofmeyr in Sandton, ’n baken van hoop in die oorgang na ’n laekoolstof- volhoubare ekonomie midde-in die verlammende kragonderbrekings in die land.

“Hoewel dit nie noodwendig verligting tydens beurtkrag gaan bring nie, kan dit indirek help. Enige oortollige hernubare energie wat vir waterstofproduksie vervaardig word, kan herlei word om die kragkrisis te verlig.”

Volgens hom kan die projek die ekonomie ’n groot hupstoot gee.

’n Onafhanklike volhoubaarheidstudie het onlangs getoon dat die projek van $4 miljard tot $9 miljard tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) kan voeg. Dit sal nie net ’n hupstoot vir die ekonomie wees nie, maar kan  volhoubare ekonomiese groei op lang termyn skep deur onder meer werkskepping in die sektor vir skoon energie, sê Feris.

“Groenwaterstof het in 2022 deel van baie van ons se woordeskat geword en soos die jaar vorder, besef ons dat daar ’n behoefte gaan ontstaan aan meer kennis oor talle regs- en regulatoriese kwessies rondom dié vinnig groeiende bedryf.”

Groenwaterstof sal op verskeie maniere aangewend word om fossielbrandstowwe soos olie en steenkool te vervang in die aandryf van voertuie, skepe en vliegtuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.