Eenvoudige druplyn-besproeiing vir jou tuin of boerdery

Afriq Water het in 2015 begin met hulle “HDPE Quick Coupling Sprinkler”-stelsel. Die onderneming het vinnig gegroei en uitgebrei om ‘n wye verskeidenheid besproeiingsoplossings aan boere reg oor Suider-Afrika te bied.

Die volledige Afriq Water-reeks sluit in:

  • HDPE Quick Coupling Sprinkelstelsel
  • druplyn
  • druplyntoebehore en aanhegsels
  • kunsmistenks
  • ‘n wye reeks filters
  • K-Rain-tuinbesproeiingsprodukte

Afriq Water gebruik kwaliteit, suiwer grondstowwe van reg oor die wêreld en plaaslik om wêreldklas Drip-, LDPE- en HDPE-pype te vervaardig. Slegs die beste toebehore, filters en kunsmistenks word ingevoer vir boere in Suider-Afrika.

Die HDPE Quick Coupling-stelsel is anders as enigiets wat die Suid-Afrikaanse mark nog ooit gesien het: maklik om te installeer, te verander, baie sterk en sonbestand wat dit ideaal maak vir die Suid-Afrikaanse weer.

Afriq Water se Quick Coupling-besproeiingstelsel is ʼn betroubare, duursame en koste-effektiewe alternatief vir duur en arbeidsintensiewe alternatiewe. Die Quick Coupling-stelsel kan heeltemal op sy eie funksioneer as ‘n besproeiingstelsel of hooflyne vir watervervoer of aanvullend tot ander besproeiingstelsels soos sleeplyn- en druplynstelsels.

Saam met vernuftige vinnige koppelgrendeltoebehore kan ‘n hele stelsel maklik deur ‘n enkele boer uitmekaar gehaal en verstel word. Dit is liggewig en maklik verskuifbaar met die hand.

Uiterste droogtes teister Suider-Afrika, en Afriq Water het die behoefte aan ‘n waterslim besproeiingstelsel raakgesien wat boere kan help om beperkte hulpbronne beter aan te wend. Gevolglik is Afriq Drip gebore, en Afriq Water het in 2020 begin met die vervaardiging van ʼn druplyn. Drupbesproeiing maak voorsiening vir ‘n meer doeltreffende, beheerde stelsel, met water en voedingstowwe wat reg tot by die wortelsone van ‘n plant gelewer word. Uitstralers (“emitters”) strek oor die lengte van ‘n roldruplyn, eweredig gespasieer, en boere kan kies watter spasiëring, wanddikte en liter per uur by hul behoeftes pas. Die regte hoeveelheid water, op die regte tyd, maak voorsiening vir ‘n vrugbare oes sonder om kwaliteit of tyd in te boet.

Afriq Water het ‘n paar vernuftige “Dripline Kits” ontwikkel: The Farmer’s Kit en The Garden and Vegetable Kit. Maklik om te gebruik, met al die nodige toebehore en druplyn, kan enige tuinier met ʼn druplynbesproeiing begin. Hierdie gereedskapkissies is ook beskikbaar op Takealot en by jou plaaslike besproeiingswinkel vir jou gerief. Jy kan ‘Afriq Water Drip Irrigation Kit’ op Takealot soek om te sien wat ons daar in voorraad het!

Afriq Water het onlangs ‘n vennootskap aangegaan met K-Rain, die derde grootste huis- en kommersiële tuinmaak-besproeiingsmaatskappy in Amerika. Dit bring ‘n opwindende nuwe dimensie aan Afriq Water se reeks produkte. Hierdie produk is spesifiek vir landbou-koöperasies, besproeiingswinkels en kontrakteurs. K-Rain-produkte kan binne die volgende paar maande by meeste plaaslike besproeiingspunte gekry word. Indien jou plaaslike besproeiingswinkel nie hierdie produkte aanhou nie, versoek asseblief ‘n bestelling deur jou plaaslike winkel. K-Rain produkte bied mededingende pryse teen ‘n hoë waarde.

Vir ‘n volledige pryslys en kontakbesonderhede, besoek gerus https://www.afriqwater.co.za/. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en sien ʼn oorvloedige oes in jou toekoms.

  • Afriq Water Management was ‘n uitstaller by Sakeliga KragDag 2021. Die 2022-ekspo sal tussen 11 en 13 Augustus 2022 aangebied word by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria. Vir meer inligting besoek gerus kragdag.co.za

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Promosies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.