Gemoedsrus vir al jou veevoertoerusting-behoeftes

Jones Masjiene is sentraal geleë in Koster in Noordwes, vanwaar kliënte binne en buite die land bedien word.

Jones Masjiene is van Suid-Afrika se voorste vervaardigers van veevoertoerusting. Die aanlegte word volgens kliënte se spesifieke behoeftes ontwerp om ʼn absolute gehalte eindproduk te verseker. Omdat gehalte en diens die hoeksteen van die besigheid by Jones Masjiene is, kan jy seker wees dat jy meer as ‘n kliënt is – hier sal jy deel word van die familie.

As voorste vervaardiger van voertoerusting in Afrika, is die keuse vanselfsprekend. Jones Masjiene is die voorkeurvervaardiger vir kliënte in Suid-Afrika asook in die buiteland. Die onderneming is 22 jaar gelede deur Willie Jones begin, maar die onderneming se wortels in die vervaardiging van voertoerusting strek al oor meer as 50 jaar.

As ‘n spesialis in die veld bied Jones Masjiene gemoedsrus met nuwe idees aan al ons kliënte – bestaande en nuwe kliënte. Van die masjiene in Jones Masjiene se katalogus sluit in spaanmengers, rollerbrekers, stoomkokers, pilmasjiene, skroefvervoerders, bandvervoerders en boonskoonmakers.

Om produkte van topkwaliteit te lewer, gebruik ons by Jones Masjiene slegs die beste en mees moderne tegnologie wat tans op die mark beskikbaar is. Ons vervaardigingsproses is 90%-rekenaar-geoutomatiseerd. Dit alles om goedkoper te kan werk en produkte aan kliënte teen billike pryse te kan lewer.

Jones Masjiene se puik span help jou met die hele proses vanaf beplanning, ontwerp en vervaardiging tot inwerkingstelling en opleiding vir die gebruik en onderhoud van jou droomaanleg.

Jones Masjiene lewer puik naverkoopdiens – maak nie saak waar in die wêreld jy is nie.

Besoek die Facebook-blad: https://www.facebook.com/jones.masjiene

Lê ʼn virtuele besoek af aan die aanleg by https://farmspace-virtual.co.za/Jones_Masjiene/#media=1

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Promosies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.