Koop ʼn Valley, koop ʼn belegging

ʼn Valley-spilpunt is ontwerp om saam met jou kinders oud te word.

ʼn Spilpunt hoef nie net nog ʼn gewone kapitaaluitgawe te wees wat aan sy lot van waardevermindering oorgelaat is nie. Want of jy nou vir die eerste keer ʼn spilpunt installeer, ʼn ou spilpunt vervang, of opgradeer na ʼn nuwe een, ʼn Valley is ongetwyfeld ’n stewige belegging.

Valley se spilpunte het oor die jare daarin geslaag om na die top-posisie op die rangleer te skuif as dit by herverkoopwaarde kom.

Valley het in Amerika ontstaan en kom al ʼn lang pad saam met Suid-Afrikaanse boere. Die handelsmerk getuig van betroubaarheid, duursaamheid, noukeurigheid,  werkverrigting, tegnologiese gevorderdheid en diens.

Dit is wel belangrik dat ’n spilpunt in jou boerdery inpas, sodat dit nie in ʼn produksielas ontaard nie. Dit is van sleutelbelang om presies vas te stel waarvoor jy ʼn spilpunt nodig het en wat jou verwagtinge van hierdie noemenswaardige kapitaaluitgawe is.

Gaan jou spilpunt by jou gewasse se behoeftes inval of andersom?

ʼn Boer moet homself die volgende vrae afvra en lank en diep daaroor nadink:

  • Buiten die huidige gewasse, watter nuwes beplan jy om in die toekoms aan te plant?
  • Hoe lyk jou bestaande gewasse se markaanvraag en prysskommelings?
  • Hoe het die reënvalpatrone oor die afgelope dekades op jou plaas verander en hoe voorspel jy gaan dit in die toekoms lyk?
  • Hoe ontvou die klimaatsverandering in jou geweste?
  • Wat is die toekoms van jou boerdery nadat jy afgetree het?
  • Hoe gaan jou boerdery se finansiële posisie in die afsienbare toekoms lyk?
  • Sien jy kans om aan te pas by vinnige tegnologiese veranderinge?
  • Is jou plaas geskik vir spilpunt(e), met ander woorde, is daar sein, is dit plat genoeg, is daar onoorkombare natuurlike versperrings en is daar genoeg water?
  • Is die kool die sous werd as die spilpunt se sirkel- en sektorgrootte teen die kapitaaluitgawe en opbrengs opgeweeg word?
  • Watter spilpunt-vervaardiger se produk bied gehalte, naverkopediens en voldoende werksverrigting?

Produksie en wins is helaas die twee oorwegende faktore wat ʼn boer se finale keuse beïnvloed. “Dit maak nie saak hoe jou veldgrootte of begroting lyk nie, ons het die beste besproeiingsoplossing vir jou wat geslagte lank sal hou,” sê Francois Griesel, Valley se streeksverkoopsbestuurder vir Suider- en Oos-Afrika. “Ons het die regte toerusting en tegnologie wat jy nodig het om maksimum produktiwiteit en winsgewendheid uit jou lande te haal.”

ʼn Volgende belangrike besluit is om ’n handelaar te kies met wie jy ʼn lang pad kan stap. “Jou Valley-handelaar sal nie verdwyn nadat die transaksie beklink is nie. Ons sal saam met jou in die veld wees wanneer jy ons nodig het,” sê hy.

Een van ‘n boer se belangrikste keuses is die regte spilpunt-handelaar.

Valley kan spog met ʼn uitgebreide handelaarsnetwerk en fabrieksopgeleide tegnici. Daarbenewens maak Valley doodseker dat sy handelaars:

  • deeglike en omvattende produkopleiding ontvang,
  • vinnige en betroubare diens lewer,
  • en aan alle besproeiingstoerusting kan werk.

Vir boere wat lus is om soos die jongklomp die allernuutste tegnologie te omarm en wat van baie bestuurskopsere ontslae wil raak, is Valley net die antwoord.

Hierdie tegnologies-gedrewe maatskappy bied ʼn rits slimfunksies en -stelsels wat die mees gevorderde monitering- en beheerstelsels wat op die mark beskikbaar is, insluit:

  • Valley 365® – Deur net een keer in te teken kan jy toegang tot al Valley se funksies op een platform kry, soos AgSense®, Valley Scheduling™, Valley® Variable Rate Irrigation (VRI) en Valley Insights®. Dit verseker groter opbrengste terwyl minder water, energie en arbeid gebruik word.
  • BaseStation3 ™ – waar daar ontoereikende sein is, kan ʼn boer steeds voldoende kommunikasie na al sy spilpunte kry.

Die fisieke toerusting word deurlopend aangepas en herontwerp. Vir ʼn boer wat ook sy uitvalshoeke wil besproei, kan hy met ʼn hoekspilpunt of liniêre stelsel elke stukkie oppervlak op ’n vierkantige of reghoekige land benut. Hierdie twee stelsels het beter as ander handelsmerke onder alle veldtoestande in onafhanklike toetse presteer en word deur meer produsente as enige ander handelsmerk verkies. Dit word presies ontwerp en aangepas vir elke afsonderlike land.

Belê in jou toekoms met ʼn gevestigde handelsmerk wat vertroue inboesem, met toerusting wat geslagte lank sal hou.

Vir meer inligting, nader Francois Griesel by 067 412 9089 of stuur ’n e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.