ʼn Valley-pakket wat elke boer se sak sal pas

Monitor en beheer elke funksie van jou Valley-spilpunt met ‘n slimtoestel. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaanse boere is reeds ʼn geruime tyd bewus dat Valley die mark oorheers met hulle gevorderde afstandbeheerfunksies vir monitering en beheer van spilpunte. Hierdie maatskappy wat wêreldwyd as ʼn markleier gereken word, is ook nie van plan om van hierdie posisie onttroon te word nie.

Hulle tegnologiese produkte val alles saam onder die AgSense-sambreel en bied iets vir elkeen.

‘n Illustrasie van Valley se verkeie AgSense-pakette voorgestel op een plaas. (Illustrasie: Verskaf)

Vir die Suid-Afrikaanse boere wat in die mark is vir ʼn opgradering, het Valley nou drie pakkette beskikbaar. Elkeen van hulle is deurdrenk met slimtegnologie en Valley-vernuf:

  • Vir kleiner en beginnerboere bied Valley ʼn waarde-vir-geld-pakket wat jou toelaat om jou stelsel te monitor:

Die Valley Field Commander View is ’n inprop-en-speel-, sonkragaangedrewe stelsel wat slegs moniteringsfunksies bied en wat met alle spilpunthandelsmerke en besproeiingstoerusting versoenbaar is. Dit is maklik om te installeer en laat jou toe om na die GPS-posisie, spoed, rigting en die einddruk te kyk.

Valley se gebruikerskoppelvlak is ‘n plesier om mee te werk. (Foto: Verskaf)

  • Vir die boere wat die nut insien om na ʼn volgende vlak te beweeg, het Valley ʼn buigsame pakket wat afstandmonitering en -beheer bied:

Valley Field Commander en CommanderVP® laat ʼn boer toe om sy spilpunte te beheer terwyl hy dit op ʼn afstand kan dophou. Boonop kan hy dit ook met enige spilpuntvervaardiger s’n verrig, op sy bestaande paneelkas. Dié unieke funksies sluit omvattende verslagdoening, intydse waarskuwings, kabeldiefstalopsporing, en opsionele pompbeheer in.

  • Vir boere wat wil terugsit en hul besproeiing in hul spilpunte se hande laat, is daar ʼn revolusionêre pakket wat volle beheer bied en vir nog baie lank tendense sal oorheers.

Die Valley ICON®-reeks bestaan uit slimbeheerpanele wat ’n uitstekende opsie bied vir boere wat hul hande op die nuutste tegnologie wil lê wat die bedryf kan bied. Hierdie pakket maak die deure oop vir toekomsboerdery en bied geïntegreerde masjiendiagnostiek, spoedbeheer, ingeboude verenigbaarheid met presiese VRI (wisselbare besproeiingstempo), banddruk- en weermonitering.

Valley se ICON®-reeks laat jou toe om die jongste en gevorderdste tegnologie te omarm. (Foto: Verskaf)

Valley word hoog onder boere geag en is ook in staat om deur dik en dun by hulle te staan. Die rede is omdat hulle verby die ooglopende kyk en deurlopend slim antwoorde op besproeiingsvraagstukke en -uitdagings bied. Die volgende opsommende punte wys waarom Valley uitblink.

  • Afstandmonitering en -beheer: Beheer en monitor elke aspek van jou spilpunt vanaf enige plek in die wêreld via ’n slimfoon, tablet of rekenaar.
  • Bespaar tyd en geld: Verminder die tyd wat jy in die veld deurbring en gebruik eerder jou arbeid en hulpbronne vir ander belangrike bedrywighede.
  • Gereed vir die toekoms: Wees gereed vir die slimbesproeiingsrevolusie met toekomsgerigte tegnologie wat in ons nuutste spilpuntbeheerders ingebou is.
  • Gebruikersvriendelike tegnologie: Die intuïtiewe Valley 365°-web- en selfoon-platform is maklik om te gebruik en aan te leer, wat die oorgang daarna vinnig en pynloos maak.
  • Beskerm jou belegging: Valley se kabeldiefstalwaarskuwingstelsel hou jou ingelig, beskerm en hou jou masjien 24/7 aan die beweeg.
  • Diens en ondersteuning: Valley se tegnici het die nodige kundigheid om jou vinnig, maklik en doeltreffend te kan bedien en te ondersteun.

Valley se afstandbeheerfunksies is met enige slimtoestel toeganklik en is die gevorderdste ter wêreld. (Foto: Verskaf)

Kies nou die Valley-pakket wat vir jou sin maak en jou sak sal pas.

Kontak Valley gerus om meer te wete te kom. Nader Francois Griesel by 067 412 9089 of stuur ’n e-pos na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.