Professionele vervaardigers van reservoirs, watertenkstaanders, wagtorings

(Foto: Staalboer)

Staalboer vervaardig al sedert 2003 staalpaneeldamme, tenkstaanders en wagtorings. Dié onderneming, onder leiding van Jan Andries Smith Snr., lewer tans dienste aan kliënte in verskeie lande soos Zimbabwe, Lesotho, Zambië, Botswana, Namibië, Eswatini (Swaziland), Uganda en Sri Lanka. Staalboer het al ongeveer 3 600 projekte reg oor Afrika asook wêreldwyd voltooi.

Die maatskappy bied ʼn wye verskeidenheid standaard produkte, maar is ook trots op sy buigsaamheid wanneer kliënte ʼn unieke oplossing vir hul probleem benodig.

“Ons is altyd gereed vir ʼn uitdaging en geniet dit om buitengewone projekte aan te pak sonder dat dit die kwaliteit van ons werk beïnvloed,” verduidelik Smith. “Ons kan ook moeilike omstandighede op die terrein bestuur. Ons is trots op dit wat ons doen en hoe ons dit doen, en ons hou nooit op om ons beste te gee nie.”

Staalpaneel Reservoirs

Staalboer se reservoirs is van Z275 gegalvaniseerde staalplate gemaak. Alle boute en moere is gegalvaniseerd. Die struktuur dra ʼn 10 jaar-waarborg teen foutiewe materiaal en of vakmanskap. Volumes van 2 000 liter tot 4 000 000 liter.

Watertenkstaanders

Die staalplatform is gegalvaniseerd op beide die deklaag geverfde en vol gegalvaniseerde staanders. Alle staanders het ʼn strukturele ingenieursertifikaat. Hoogtes van 1,5 m tot 12 m vir 2 500 liter tot 10 000 liter-tenks.

Wagtorings

Die struktuur word hoofsaaklik van hoekyster vervaardig en is ten volle warm gegalvaniseerd. Die wagtorings word aanmekaar vasgebout om landwye en oorgrens-aflewering te vergemaklik.

Alle produkte word só vervaardig dat dit maklik is om te vervoer en kan in minimale tyd opgerig word.

Besoek gerus die webblad by www.staalboer.co.za

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.