Só kan jy jou elektrisiteitskoste verminder

(Foto: Ellies)

Ellies is toekomsgerigte denkers en bewus daarvan dat die toevoer van elektrisiteit die kern van moderne ekonomieë is wat geleidelik in aanvraag gaan toeneem. Die druk neem toe en beurtkrag gaan waarskynlik nie gou iets van die verlede wees nie.

Ellies is toekomspas met voorpunt-, alternatiewe energie- en sonkragoplossings. Die maatskappy is nie net verskaffers van produkte nie, maar ook verskaffers van geïntegreerde oplossings – met beste-in-klas produkte, installasie deur gekwalifiseerde elektrisiëns en instandhouding.

Ellies was nog altyd innoverend – met ‘n trotse geskiedenis van “eerstes” soos Inverter Trolleys om gewigtige batterye en DIY-energiemonitering vir huise te dra. Die maatskappy wil seker maak verbruikers moet maklik en vinnig sonkrag bekom, deur sy reeks betroubare, hernubare energie- en sonkragoplossings.

In die verlede moes jy vir ʼn sonkragoplossing alles en meer onmiddellik aankoop – vir ʼn klein fortuin! Nie meer nie. Met ʼn Ellies-oplossing kan jy jou stelsel sonder batterye of sonder panele begin (bespaar op aanvanklike koste) en steeds elektrisiteit hê tydens beurtkrag.

Die reeks sluit alles in van 3,6 kW-stelsels vir huise tot 48 kW-stelsels vir kleinsakeondernemings tot pasgemaakte groot kragoplossings vir energiehonger bedrywighede soos groot ondernemings, vervaardiging en landbou.

Ellies-sonkragoplossings is boustene waaraan jy kan byvoeg namate jou vraag groei, wat sonkrag mettertyd ʼn totale bekostigbare oplossing maak. Behoeftes is anders vir verskillende mense, so Ellies het sy stelsels skaalbaar, buigsaam en haalbaar gemaak. Die maatskappy maak aanpassings tot jou sonkrag-oplossing – van ontwerp en installasie tot ondersteuning en instandhouding.

Anders as ander maatskappye wat bloot komponente verkoop, is Ellies vennote – wat jou al die pad ondersteun.

Vir ʼn sonkragoplossing wat aan jou behoeftes voldoen, kontak Ellies by 0861 355 437 of besoek www.ellies.co.za.

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.