Tyd vir landbou (en jolyt) op Mauritius

Laeveld Agrochem gaan sy Son Safari landbouskou by die asemrowende Sugar Beach-vakansieoord in Mauritius aanbied. (Foto: Sugarbeachresort.com)

Boere wat ʼn uitsonderlike geleentheid wil meemaak, waar pret, vermaak en landbou hand aan hand gaan loop, kan nou hul plek by Laeveld Agrochem se Son Safari-landbouskou in Mauritius bespreek.

Die skou vind oor ʼn maand en ʼn half plaas en gaan in die pragtige Sugar Beach-vakansieoord aan die westekant van Mauritius gehou word.

Die Sugar Beach-vakansieoord. (Foto: Verskaf)

Vir vier dae en vyf nagte gaan toplandbousprekers en maatskappye inligtingsessies aanbied waartydens beleggings, diversifikasie, biosekerheid, presisiedienste, plaagbeheer, sproeitegnologie, kleinboerontwikkeling, saffraanverbouing, grond- en waterregte, die familiehandves met opvolgbeplanning en vele ander onderwerpe bespreek sal word.

Die kenners wat die landboulandskap gaan inkleur, sluit in Theo Vorster, Todd Cardwell, Erik de Vries, Ernst de Beer, André Fox, George Robertson, Roelf van der Merwe, dr. D’Wall Hauptfleisch, Bennie Engelbrecht, Kobus Hurter, Atholl Trollip en dr. Ruben Richards.

Die sprekers wat tydens die Son Safari-landbouskou gaan gesels. (Foto: Verskaf)

Daar sal ook nuutskeppings soos hulpmiddels en toerusting in die bedryf uitgestal word en kans sal gegun word om vrae te stel en persoonlike gesprekke met kenners te voer. Dit sal ʼn uitstekende geleentheid bied om netwerke te bou.

Aan die ontspanningskant maak die Afrikaans is Groot-span en ander kunstenaars reg om puik musiek te maak. Appel, Corlea Botha, Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Riana Nel, Jo Black, Monique Steyn, Ruhan du Toit, Liezel Pieters en Jay du Plessis staan reg vir ʼn onvergeetlike kultuurervaring.

Die kunstenaars wat tydens die Son Safari-landbouskou gaan optree. (Foto: Verskaf)

Die program sluit ook ander vermaak en uitstekende motiveringsprekers soos Lynette Beer, Frank Rautenbach, Annelien Kriel en Victor Matfield in. Arina du Plessis gaan kooklesse aanbied en moenie vergeet om die geleentheid te gebruik om met een van hierdie glanspersoonlikhede skouers te skuur nie.

Glanspersoonlikhede wat ook vermaak gaan verskaf. (Foto: Verskaf)

Pakkette begin vanaf R22 645 per persoon wat deel en sluit hope ekstras in. Kinders onder 18 jaar kwalifiseer vir verlaagde tariewe en kinders onder ses jaar se verblyfkoste is minimaal.

Dit sluit onder meer ʼn allesingeslote pakket vir etes en uitgesoekte drankies, vyfsterverblyf, retoervervoer tussen die lughawe en oord, vinnige WiFi, sekere watersport en uitstappies, tennis, kinder- en tienervermaak en ekstra verrassings in.

Vyfsterverblyf in die Sugar Beach-hotel. (Foto: Verskaf)

Boere kan met hul AgriBonus-punte ten volle of gedeeltelik vir die skou betaal en kan AgriBonus regstreeks nader vir meer inligting.

Spesiale geleenthede is ook beskikbaar om ekstra lojaliteitspunte te verdien.

Besprekings vir die skou kan op die webwerf, of telefonies by 060 458 8483, of per e-pos by [email protected] gemaak word. Volg ook die opboufase tot die skou op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.