Waterberging help gesondheidsorg, voedselsekuriteit

Noodsaaklike dienste regdeur Afrika is onder geweldige druk weens die voortgesette waterkrisis en verswakkende waterinfrastruktuur.

Terwyl waterskaarste op die vasteland toeneem, moet noodsaaklike dienste soos hospitale, klinieke en die voedsel- en landboubedryf seker maak dat hulle ʼn watergebeurlikheidsplan instel.

Abeco Tanks is in 1983 begin deur Mannie Ramos snr. wat die toekomstige krisis voorsien het. Dit was Mannie se passie om ʼn oplossing te verskaf vir dié yslike probleem. Die passie is intussen oorgedra na sy seun, Mannie Ramos jnr. en vandag is hy die bedryfshoof van Abeco Tanks en ondersteun gemeenskappe, ondernemings en regerings met ʼn gerieflike en kostedoeltreffende waterverskaffingsoplossing.

Abeco ontwerp, vervaardig en installeer hoë gehalte ondergrondse, grondvlak, verhoogde, doelgemaakte en ronde geboute, gelede waterbergingstenks.

Hulle verskaf al vir byna 40 jaar watertenks aan meer as 35 lande in die Midde-Ooste, Sentraal-Amerika en Afrika.

Met sy 269 000 vierkante voet vervaardigingsaanleg in Johannesburg en honderde lojale personeellede, het hulle die leier in die bedryf geword vir watertenkoplossings.

Mannie Ramos jnr. kon Abeco Tanks van sy mededingers onderskei deur hul tenks te merk as “waterbanke”, omdat dit presies soos ʼn spaarrekening werk waar jy water kan stoor vir krisistye.

Met sy eie vervaardigingsaanleg kan hulle tenks in alle vorms en groottes vervaardig om aan die koper se behoeftes te voldoen. Die staaldele word alles gegalvaniseer en volgens Ramos is dit die dikte van die sinklaag wat die tenk teen roes beskerm. Dit verseker ʼn lang lewensduur en maak dit dus ʼn uitstekende belegging.

Abeco Tanks het onlangs die grootste vierkantige, gelede geboute staalwatertenk vervaardig met die vermoë om 5,8 miljoen liter water te stoor. Die tenk is vir een van die grootste pluimveevervaardigers in Suid-Afrika geïnstalleer en verseker dat die maatskappy steeds sy bedrywighede kan voortsit wanneer wateronderbrekings beleef word.

Omdat die tenks uit individuele panele vervaardig word, is dit maklik om dit na enige afgeleë plek in die land te vervoer as drinkwater vir vee of landbou.

Boonop is duur, ingewikkelde masjinerie nie nodig om die tenks aanmekaar te sit nie. Dit word met ʼn interne verspanstuk hoekyster aanmekaargesit wat aan die basisplate vasgesweis is. Alle rubberkomponente en verseëlaars is vlekbestand en niegiftig om seker te maak dat die water suiwer gehou word in die tenk.

Hospitale en klinieke maak staat op ʼn aantal hulpbronne om hul bedrywighede voort te sit, maar water is die belangrikste hulpbron. Buiten ander belangrike funksies, is die primêre funksie van water om as verkoeling te dien vir mediese kompressors wat suurstof vir hoësorgpasiënte verskaf. Dié noodsaaklike funksie beteken water is net so belangrik as ʼn kragopwekker as deel van die gebeurlikheidsoplossing.

Alhoewel die impak van gereelde wateronderbrekings aan klinieke en hospitale deur Johannesburg-waterbestuur, Rand Water en die Menseregtekommissie geassesseer is, is dit uiters belangrik dat alle noodsaaklike dienste hul eie watergebeurlikheidsplan ontwikkel.

Hulle moet hul onafhanklikheid van die munisipale waterverskaffing vestig deur alternatiewe oplossings soos afvalwater-herwinning, reënwater-opvangs en waterbergingstenks.

Mannie Ramos jnr. hou vol dat ʼn risiko-analise van moontlike wateronderbrekings gedoen moet word om die omvang van die behoefte aan waterberging te bepaal.

Abeco was instrumenteel om watertenks vir ʼn paar groot hospitale in Suid-Afrika te installeer, naamlik die Baragwanath-hospitaal in Soweto waar ʼn 114 kiloliter tenk vir die nuwe Covid-19-saal opgerig is; die Dr. George Makuru- akademiese hospitaal waar twee tenks geïnstalleer is met die kapasiteit van 290 kiloliter vir waterverkoelingsdienste, skoonmaak en brandblussing; en Helen Joseph waar drie tenks geïnstalleer is met ʼn sproeiertenk indien ʼn brand sou uitbreek.

Abeco-watertenks het onlangs ook miljoene lewens in Afrika gered deur watertenks by ʼn farmaseutiese vervaardigingsaanleg in die Oos-Kaap te installeer waar hulle droogte en gevolglik watertekorte beleef het. Betroubare watersuiweringstelsels word benodig by bio-farmaseutiese vervaardigingsaanlegte. By die betrokke aanleg word Covid-19-entstof vervaardig en byna elke stap van die ingewikkelde proses vereis water.

Abeco het met Hidro-Tech en Zutari saamgewerk en gehelp om twee groot persstaaltenks op die perseel van die vervaardigingsaanleg op te rig. Dié tenks berg, filtreer en behandel water voor dit in die aanleg gebruik word.

Abeco Tanks is op die voorpunt om die voedsel-, landbou- en gesondheidsorgbedryf te help met ʼn plan vir moontlike watertekorte. Met sy hoë gehalte produkte, uiters waardevolle ervaring, uitstekende kliëntediens en ʼn reputasie vir betroubaarheid, is hulle beslis die beste keuse vir ʼn watergebeurlikheidsplan.

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.