Word selfstandig: produseer jou warm water met ʼn hittepomp

(Foto verskaf deur Stiebel Eltron)

Kies hernubare energie en kry jou huishoudelike water warm met ʼn hittepomp! ʼn Hittepomp is ʼn vinnige, doeltreffende en toekomsvaste verwarmingsoplossing.

Die hittepomp onttrek tot 70% van die energie wat benodig word vir verhitting uit die omgewingslug – tot jou voordeel! Die hitte wat in die integrale silinder ingevoer word, kan al jou huishoudelike warmwaterbehoeftes dek.

Word meer selfversorgend by jou huis

Dit gebruik nie net hernubare bronne vir water verhitting nie, maar met sy puik geïsoleerde silinder behaal dit ook uitstekende uitsetwaardes. Vir jou beteken dit warm water vir ʼn bad of stort wanneer jy dit ook al nodig het – met lae energieverbruik.

Stiebel Eltron se nuutste reeks warmwaterhittepompe, die WWK 304 ZA, het ‘n nuwe maatstaf vir hittepompe in die suidelike Afrika-mark gestel. Hulle lyk mooi en daar is boonop baie nuwe innovasies wat by die gesofistikeerde ontwerp ingesluit is. Kenmerke sluit in ʼn onderhoudsvrye stroom-anode, aktiewe ontvriesing vir werking tot -5 °C en die opsie om die hittepompe met sonkrag-PV-stelsels te verbind.

Maklik om te gebruik en te koppel

ʼn Gebruikersvriendelike elektroniese skerm help jou om die toestel te gebruik. Dit wys jou kortliks hoeveel gemengde water tans beskikbaar is. Eenvoudig gestel, die skerm wys hoeveel warm water nog beskikbaar is om te stort en te bad.

Die skerm verwys na ʼn gemengde temperatuur van 40 °C. ’n Tenk wat tot meer as 60 °C verhit word, kan meer as 500 liter teen 40 °C verskaf.

Perfekte pasmaat: Sonkrag-PV en die WWK hittepomp

Wat as jy die hittepomp aan jou sonpanele-stelsel wil koppel? Niks kan eenvoudiger wees nie. Die toestel kom met hierdie opsie as standaard, wat jou toelaat om slim gebruik te maak van energie van die son sowel as die lug.

SG (Smart Grid)-gereed om te implementeer met die koppeling van die Stiebel Eltron WWK 304 ZA-warmwaterhittepomp wat voorsiening maak vir ‘n hoër watertemperatuur en meer warm water. Die sonkrag-PV-omskakelaar kan aan die WWK gekoppel word, wat ‘n hoër sekondêre watertemperatuurstelpunt aktiveer wanneer die son skyn.

Warmwaterhittepomp vir buite installasie

Kies ʼn kragtige vennoot vir jou warm water: die WWK 304 ZA-hittepomp. Dié kompakte toestel is spesiaal ontwerp vir installasie in jou tuin. Die hittepomp is spesiaal ontwikkel vir die omgewingstemperature wat in suidelike Afrika voorkom.

Probleemvry deur die seisoene

Alhoewel dit meestal warm is in Suid-Afrika, is daar dae wat temperature in sommige gebiede tot onder vriespunt daal. ’n Stiebel Eltron-warmwaterhittepomp kan gebruik maak van die omgewingshitte in die lug selfs in temperature so laag as -5 °C sonder die gebruik van die element.

Die hittepompe het ʼn aktiewe ontvries-funksie wat enige ys-vorming wat by laer lugtemperature voorkom, kan beheer. Die aktiewe ontvries-funksie sal enige ys wat by die verdamper voorkom, verwyder en keer dan terug na warmwater verhitting

Die belangrikste kenmerke in ʼn oogopslag:

  • kompakte reeks spesiaal ontwikkel vir buite installasie;
  • hoë beskikbare hoeveelheid gemengde water en higiëniese warmwater-temperature >61 °C slegs met die gebruik van die kompressor;
  • gekategoriseer in die hoogste moontlike energiedoeltreffendheidklas vir waterverwarmers;
  • permanente hoë doeltreffendheid en veiligheid oor die hele dienslewe van die toestel, as gevolg van veerbelaaide gebonde hitteruiler;
  • verlaagde bedryfskoste via intelligente aansluiting om die verbruik van fotovoltaïese energie op die perseel te verhoog;
  • hoogs betroubaar en kostebesparend as gevolg van die stroom-anode geïntegreerde standaard.

Vir meer inligting, besoek gerus Stiebel Eltron se webwerf of skakel ons by 010 001 8547.

  • Stiebel Eltron stal by die Sakeliga KragDag Sentraal 2023 uit van 9-12 Augustus, op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Kaartjies vir hierdie Alternatiewe Energie en Selfstandigheid Ekspo beloop R50 per volwassene aanlyn en kinders onder die ouderdom van 18 kan die ekspo gratis bywoon. Koop jou kaartjie vandag nog by waantu.co.za

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.