4 doen-dit-self-skoonheidsbehandelinge met rooibos

Lyfskrop. (Foto: Rooibos Council/Facebook)

Die Covid-19-pandemie het veroorsaak dat talle vroue hul geliefde skoonheidsbehandelinge moes prysgee in die naam van spaarsamigheid.

Rooibos is egter so veelsydig dat dié vier doen-dit-self-behandelinge jou hare en vel sal verfris sonder om die bank te breek:

Gesigsmasker

Bestanddele

  • 1 eetlepel fyngemaakte avokado
  • 1 eetlepel ongegeurde volvet-jogurt
  • 1 eetlepel heuning
  • 50 ml rooibostee, afgekoel

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam en smeer die mengsel op jou vel.
  2. Los die masker vir 15 minute aan. Spoel af met louwarm rooiboswater.

Wenk: Jy kan ʼn teelepel lemoensap by die mengsel voeg om te voorkom dat die avokado oksideer en bruin word.

Lyfskrop

Bestanddele

  • 8 tot 10 teesakkies, oopgesny en leeg gemaak
  • 1/3 koppie bruinsuiker
  • ¼ koppie klapperolie, gesmelt

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam en gebruik dit een keer ʼn week om dooie vel te verwyder.

Haarspoel

Bestanddele

  • 2 tot 3 teesakkies
  • 500 ml kookwater

Metode

  1. Kook water en voeg die teesakkies by. Laat dit vir 30 minute staan.
  2. Was hare soos gewoonlik.
  3. Gooi die teemengsel oor gewaste hare. Los dit vir 20 tot 30 minute in en spoel hare met skoon water.

Rooibosbad

Bestanddele

  • 12 teesakkies
  • ʼn Warm bad

Metode

  1. Voeg 12 teesakkies by die bad. Ontspan en geniet.

ʼn Rooibosbad is ideaal om sonbrand of ʼn jeukerige vel te kalmeer. Die rooibruin pigment verkleur ook sommer jou vel en los jou met ʼn natuurlike sonbruin vel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.