Dié gaswapens kan jou lewe red

HDP 50-kaliber gaspistool (Foto verskaf)

Die wêreld se sterkste gaswapens, waarvoor geen lisensies benodig word nie, kan jou lewe red.

In die huidige Suid-Afrika, waar wet en orde nie toegepas word nie, is dit nodig dat jy jouself te alle tye moet beskerm.

“Ons produkte is tans die beste alternatief as jy nie ʼn regte vuurwapen besit nie en sal jou verseker help wanneer jy in ʼn situasie beland wat jou lewe in gevaar stel,” sê Jaco Pretorius, vervaardiger van die gaswapens.

“Ons het al hoeveel keer gehoor van boere wat aangeval is, net om uit te vind dat hul vuurwapens in die kluis weggesluit was. Ons wapens kan te alle tye met jou ronddra. Jy kan dit onder jou kopkussing en altyd na aan jou hou.”

Die reeks sluit in ʼn pistool, rewolwer en haelgeweer.

“Die pistool en rewolwer skiet albei projektiel teen 450 voet per sekonde. Ons nuutste in die reeks is die HDX pompaksie-haelgeweer wat 16 rondtes laai en ʼn projektiel skiet teen 750 voet per sekond. Dit beteken dat akkuraatheid en slaankrag genoeg is om enigiets of iemand in sy spore te stuit op 30 meter.”

Pretorius sê die maatskappy maak gebruik van die wapenkenner Paul Prinsloo, wat in 1978 die SA Skolekampioen-skut was. “Volgens hom is daar geen beter alternatief as ons produkte nie!”

Die Patriot versend die produkte landswyd en voer ook uit na Namibië en Botswana. Meer as 3 000 gaswapens is reeds verkoop.

Kontak ons gerus vir meer inligting:
Besoek die webwerf: https://diepatriot.catalog.to/w/die-patriot/st1
Sluit aan by die Telegram-groep: https://t.me/diepatriot
Besoek die Facebook-blad: https://www.facebook.com/dieboerkomweer/

Speelgoed verseker nie!!!!

Kry joune vandag!!! ????????????????

Posted by Die Patriot. on Sunday, January 23, 2022

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Leefstyl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.