Met die koms van die lente is daar sommer ʼn nuwe lus vir die lewe. Ons maak gereed vir braai en kuier saam met vriende en familie, ons stof ons veldskoene af en haal die bekers uit vir kuiergaste en goeie koffie. Dit is weer tyd om ons voete by die deur uit te steek sodat ons kan inhaal op alles wat ons tydens die afsonderingsperiode en die winter misgeloop het.
Die Koöperasie het alles en meer om jou somerson-avonture ekstra spesiaal te maak. Dra jou taal op jou mou met Maroela se eg-Afrikaanse produkte.
Nooi jou mense vir ʼn koppie boeretroos uit eg-Afrikaanse bekers:
- Bekers wat rym in Die Koöperasie
- Oom Boet se boeretroos in Die Koöperasie
Moeg vir koppies, glase en borde wat breek tydens ʼn braai of swembadpartytjie? Ons blikbekers en -borde is die antwoord:
- Egte Boereporselein-blikbekers in Maroela se Koöperasie
- Egte Boereporselein-blikborde in Maroela se Koöperasie
Maak seker julle is gereed vir die kampseisoen met Maroela se Kampporselein. Elke stel bestaan uit twee erdebekers, twee erdeborde en twee erdelepels.
Maak gereed vir die plaas met Maroela se vellies van egte leer en vir teikenskiet met hierdie lekker kettie:
- Maroela-vellies in Die Koöperasie
- Ketties in Die Koöperasie
Dra Afrikaans hierdie somer met een van Maroela se eg-Afrikaanse T-hemde:
- T-hemde vir volwassenes in Die Koöperasie
- T-hemde vir kinders in Die Koöperasie
Maak gereed vir die langpad na julle eerste vakansie met lekkerluister stories wat die hele gesin sal geniet:
- Plattelanders (beskikbaar in Die Koöperasie)
- Vuurvreters (beskikbaar in Die Koöperasie)
Dis mos lekker, Maroela! Komaan, somer!