Dís die giere vir jou huis vir 2020

Pinterest stel jaarliks die Pinterest 100-lys bekend waarop ʼn mens kan sien wat die dekor- en huisversieringsgiere vir die komende jaar is.

Pinterest meet die huis gaan vanjaar belangriker word omdat dit nie net meer ʼn huis is nie, maar ook ʼn kantoor, ʼn gimnasium en jou plek van ontspanning.

“Die meeste goed wat mense gewoonlik buite hul huise gedoen het, kan nou in die huis gebeur te danke aan tegnologie en fleksie-ure. Dit gee ook aanleiding tot ʼn groot ontwikkeling in bedrywe soos huisdekor, afleweringsdienste en athleisure.

Hier is die jongste neigings in en om die huis vir 2020:

  • Teaters tuis: Mense wil in die gemak van hul eie huise voel asof hulle in fliekteaters is. Springmieliemasjien en al!
  • Mikro-plante: Kweek die hele jaar lank jou eie kruie en slaai-bestanddele in die gemak van jou eie huis.
  • Klankkamers: Kamers met briljante klank wat jou omring is op almal se lippe.
  • Tuinkamer: Jou eie natuurkamer om in te ontspan.
  • Koffiestasies: Ruim plek in op jou tafel vir jou eie hoë-gehalte koffiestasie.
  • Binnenshuise fonteine: Ontspan met die klank van water van jou binnenshuise fontein, waterval of poel.
  • Tuisgemaakte babakos: Blits maklik kos saam wat vol voedingswaarde is.
  • Tuisbrouerye: As jy al die regte gereedskap het, kan jy jou eie bier tuis brou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.