Foto’s: So lyk wenners van Top Model SA

Tiaan Kleinhans en Ariana Stark (Foto: Deon van Wyk)

Tiaan Kleinhans en Ariana Stark is Donderdagaand by ʼn glansryke finale ronde as die wenners van Top Model Suid-Afrika aangewys.

Top Model SA is geaffilieer met Top Model Worldwide en die wenners stap weg met ʼn kontrak met van Suid-Afrika se beste modelagentskappe, asook ʼn fotosessie saam met top-fotograwe.

Top Model SA is in 2013 deur Suzette Marais begin en dié modelkompetisie is trots daarop dat enige model welkom is om deel te neem. Vanjaar was daar vir die eerste keer ook ʼn spesiale kategorie vir diversiteit wat modelle in rolstoele en met spesiale behoeftes ingesluit het.

Die wenners in die diversiteit-afdeling (Foto: Deon van Wyk)

Wenners is in verskeie kategorieë, onder meer lyf van die jaar, model vir diversiteit, model oor die ouderdom van 25, asook vars gesig van die jaar, aangewys.

Tydens die spoggeleentheid in die Time Square-arena in Pretoria het 180 finaliste meegeding, maar aan die einde kon slegs twee wegloop met die algehele prys.

Kleinhans was tydens die finale ronde geklee in ʼn klassieke swart pak met ʼn swart strikdas, terwyl Stark pragtig gelyk het in ʼn liggrys rok met blinkers op.

Bekendes soos Angelique Gerber, Toks van der Linde, Tamara Dye en Charlize Berg het ook dié geleentheid bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.