Gesigsreiniger beskerm teen Covid-19 – verminder risiko van infeksie só

 besafe-promosie-01.jpgTe midde van die derde Covid-19-golf in Suid-Afrika kom nuwe hoop om die risiko van infeksie betyds te verminder met die bekendstelling van ‘n innoverende en beproefde gesigsreiniger, BSafe Sanitizing Facial Mist. Die vervaardiger is ʼn trots Suid-Afrikaanse gesondheidsorgtegnologie- maatskappy, BSafe, gebaseer in Johannesburg.

Hierdie unieke produk is revolusionêr in die stryd teen patogeen-infeksie. Ons weet dat byna 25% van alle menslike siektes soos griep, verkoue, Covid-19, waterpokkies, masels en TB ons aanval en besmet deur die gesig, neus, mond en oë. Die gesig is die poort, ‘n kritieke skakel in die infeksieketting wat in hierdie pandemie erg verwaarloos is. Die gesig is die voordeur wat ons oopgelaat het sodat die virus ons vrylik kan binnedring en kan besmet.

Die gesig moet ons eerste verdedigingslinie wees teen hierdie virusse en skadelike kieme wat grootliks deur die lug gedra word en op die gesig en masker vestig. Ons raak onwillekeurig meer as 300 keer per dag aan ons gesigte en dit dra verder by tot die ophoping van mikrobes op ons gesig. Die Covid-19-virus en ander skadelike patogene heg, akkumuleer en veroorsaak dat die virusbelasting op die gesig elke uur vermeerder. Dit verhoog die risiko dat miljoene virusse vanuit die gesig in die mond- en neuslugweë, asook deur die oë begin, soos die dag vorder.

Die gesig is waar ons die grootste impak kan hê op die vermindering van infeksies – waar ons heel waarskynlik hierdie infeksies kan voorkom. Dit is duidelik dat ‘n mens nie alkohol of enige ander chemiese ontsmettingsmiddel op die gesig kan gebruik nie. ‘n Gesigsreiniger moet effektief en nog belangriker, 100% veilig wees, selfs vir kinders.

Wat hierdie produk nog interessanter maak, is dat dit ook wonderlike kosmetiese voordele bied. Bo en behalwe dat die vel gesuiwer word, verbeter dit ook die gesondheid van die vel deur verjonging en verbetering van die elastisiteit en verminder aknee, puisies en uitslag.

Vir optimale voorkoming kan die gesig en masker (binne en buite) vyf tot ses keer per dag gespuit word. Die binnekant van die masker word gespuit om ontsmetting van patogene, wat jy uitasem, te ontsmet en te voorkom.

  • Staan ’n kans om 12-maande se produk-voorraad te wen deur ons op sosiale media te volg. Vir meer inligting of om die produk te koop, besoek gerus www.bsafehocl.co.za.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Gesondheid, Leefstyl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.