7 voordele van boegoe

(Foto: Pixabay)

Die hele wêreld is deesdae behep met gesond bly, en namate die wintertemperature ál laer daal, is Suid-Afrikaners nou self meer vatbaar vir verkoue en griep.

Hoewel die mens se liggaam gemaak is om infeksies en siektes te beveg, is dit altyd ʼn goeie idee om die immuunstelsel ʼn ekstra hupstoot te gee om algemene gesondheid te verseker. Een manier om dit te doen, is deur middel van die inheemse Suid-Afrikaanse kruid, boegoe.

Dié kruiesoort, wat endemies tot die Wes-Kaap is, bevat natuurlike antibakteriële en anti-inflammatoriese eienskappe, wat help om infeksies en inflammasie weg te hou.

“Daar was nog nooit so ʼn goeie tyd om jou immuunstelsel gesond te hou en sodoende seker te maak jy kan siektes beveg nie,” sê Karin McCann, bestuurshoof van Cape Kingdom Nutraceuticals, wat boegoeprodukte maak.

Hier is sewe redes hoekom boegoe goed is vir jou:

  • Boegoe laat jou organe toe om voedingstowwe wat jou immuniteit verhoog, soos vitamien C, vinniger te absorbeer.
  • Die hele familie kan boegoe gebruik. Dit is ook veilig om boegoe vir lang tydperke aaneen te gebruik sonder enige newe-effekte.
  • Boegoe het anti-inflammatoriese en antiseptiese eienskappe wat help om jou immuunstelsel sterk te hou.
  • Dit kan help om gesonde bloedsuikervlakke te handhaaf en bloeddruk te verlaag.
  • Boegoe is histories gebruik om nierstene en blaasinfeksie te behandel.
  • Dit kan help in die behandeling van artritis en gewrigspyn.
  • Aangesien boegoe antiseptiese en antibakteriële eienskappe het, kan die olie gebruik word om ekseem te behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Smurf

Boegoe brandewyn is baie goed vir jou…….tot my skoonma stem saam .

JOHAN

Jare gelede het ek by ‘n bank gewerk en moes in die Vrystaat en Noord Kaap reis. Daar was nie al die netjiese vulstasies met eet plekke en toilette nie en eetgoed was baie keer by klein plattalansde kafees gekoop en soms was dit nie dieselfde dag se gebak nie. So is ek toe eendag aan die rondry in die Vrystaat en het weer iets verkeerd gekoop om te eet. Die volgende dorp was Winburg en ek het toe ‘n groot behoefte aan ‘n toilet ontwikkel en weet toe die sekerste plek om een te kry was die hotel. Ek… Lees meer »