Belê in jou gesondheid deur jou immuunstelsel beter te verstaan

As jy bang is dat jy Covid-19 gaan opdoen, veral in die lig daarvan dat die syfers elke dag aan die klim is, wees verseker dat jy nie alleen is nie. Dit is normaal om angstig te voel dat jy die gevreesde virus gaan opdoen aangesien dit blyk dat dit net meer en meer onvoorspelbaar raak. ʼn Mens hoor elke dag slegte nuus en stories van verlies en hartseer vir beide pasiënte en gesondheidswerkers.

Die waarheid is dat daar twee hoofstrategieë is wat jy kan volg: Jy kan self-isoleer en jou blootstelling aan ander geheel en al beperk of jy kan jou liggaam en immuunstelsel ʼn hupstoot gee sodat, as jy wel met Covid-19 in kontak kom, jou liggaam sterk genoeg is om dit te kan beveg. En vir dit om te werk, moet jou gesondheid en die stand van jou immuunstelsel supersterk wees. Vanselfsprekend is die twee onlosmaaklik deel van mekaar.

Nie almal wat met die virus in kontak kom, word siek nie. Een van die redes hoekom Covid-19 die verbeelding van wetenskaplikes reg oor die wêreld aangegryp het, is dat almal verskillend daarop reageer. Ons het lanklaas sulke uiteenlopende reaksies op ʼn virus gesien wat terselfdertyd ook so hoogs aansteeklik is.

Voorkoming is beter as genesing

Regdeur die geskiedenis, was die fokus van medisyne grootliks as ʼn reaksie op iets wat fout is met dokters wat behandeling voorskryf gebaseer op sigbare simptome. Maar met die koms van presisie medisyne, het die fokus van behandeling verskuif na voorkoming. Daar is geen rede hoekom jy nie jou eie DNS kan verstaan nie… daardie integrale deel van wie jy is wat jou liggaam se reaksie tot omstandighede bepaal, wat jy inneem en hoe jy jou lewe leef.

Amper elke produk in elke apteek en gesondheidswinkel hou vir jou op een of ander manier voordele in, maar dis onmoontlik om hulle almal te koop. Belangriker nog, hoekom sou jy wou? Jy kan jouself heelwat tyd en moeite spaar deur uit te vind presies wat jou liggaam nodig het sodat jy juis dit aan jou liggaam kan gee.

Hoe werk dit?

Net soos enigiets anders in die liggaam, beheer jou DNS ook jou immuunstelsel. Sommige gene bespeur die virus, sommige skakel as’t ware die immuunstelsel aan, ander skakel dit af en gee dan inligting deur aan die liggaam om dinge reg te stel en die beskadigde weefsel te herstel. Deur te weet watter van jou immuniteitsgene werk en watter nie, sal enige raaiwerk verwyder rondom hoe jy jou immuunstelsel kan optimaliseer om jouself teen virusse soos Covid-19, asook bakterieë te beskerm.

“ʼn Nuwe DNS-toets genaamd Gene-Immune, toets vir dertig gene wat spesifiek verskillende dele van jou immuunstelsel affekteer,” sê dr. Christa North van Geneway. Die verslag wat in ʼn laboratorium gegenereer word is gebaseer op jou genetiese resultate en wys in detail hoe om jou eie genetiese tekortkominge te bowe te kom, insluitende watter voedingstowwe jy meer van moet inkry, of selfs minder van, om enige gevare te minimaliseer en jou herstel te optimaliseer sou jy ʼn virale infeksie opdoen. “Die beste manier om te werk te gaan is om ʼn afspraak te maak met ʼn geakkrediteerde mediese praktisyn wat dan hierdie resultate en hul implikasies aan jou sal verduidelik. Jy sal dan presies weet wat op jou inkopielys behoort te wees die volgende keer wat jy by ʼn apteek instap,” voeg sy by.

Die Gene-Immune toets verskaf ʼn persoon van inligting rondom vyf pertinente punte:

  • Opsporing: Die immuunstelsel is die hele tyd op die uitkyk vir vreemde deeltjies in die liggaam. Die GI verslag spreek aspekte aan wat verband hou met die oneffektiewe opsporing van vreemde deeltjies wat ongemerk die liggaam kan binnetree en die kans om ʼn siekte op te doen, verhoog.
  • Reageer: Ná die opsporing van vreemde deeltjies, aktiveer die liggaam ʼn akute reaksie om van die vreemde deeltjies ontslae te raak. Sommige gene is hoogs sensitief en mag dalk ʼn oorreaksie tot gevolg hê wat bekend staan as ʼn sitokiene storm wat dan meer as net die vreemde deeltjies aanval en beskadig.
  • Heling: As gevolg van die liggaam se aksies in die verwoesting van die vreemde deeltjies en gifstowwe in die liggaam, word vrye radikale vrygestel wat skadelik is vir die liggaam en dit word geneutraliseer deur antioksidante. Verder is sel- en weefselherstel ook nodig. Jou gene sal jou help om te verstaan wat jy van jou liggaam kan verwag en wat anders is van ʼn ander persoon se liggaam.
  • Ondersteuning van die funksies: Deur die evaluasie van jou eie persoonlike gene en hul variasies en deur te verstaan hoe hulle die biologiese prosesse in die immuunstelsel beïnvloed, raak dit ook vir jou moontlik om beter te verstaan watter dieet, oefening en leefstylgedrag die beste is vir jou liggaam.
  • Die evaluasie van die risiko’s verbonde aan aanvullings: Die belangrikheid daarvan om jou immuunstelsel te ondersteun met aanvullings, kan nie gering geskat word nie. Maar, weet jy of jy byvoorbeeld die gevaar loop om Vitamien D-toksisiteit te ontwikkel as ʼn gevolg van die neem van aanvullings?

Hoe word die immuunstelsel geaktiveer?

Die immuunstelsel kan geaktiveer word deur enige stof of mikro-organisme wat die liggaam nie as sy eie herken nie. Dit kan antigene wees (die proteïene op die oppervlak van bakterieë, swamme en virusse) of patogene, wat ʼn bakterie, virus of ander mikro-organisme is wat spesifiek ʼn siekte kan veroorsaak.

Sodra die brein die teenwoordigheid hiervan optel, word ʼn reeks prosesse in werking gestel. Wanneer die liggaam vir die eerste keer in aanraking kom met ʼn kiem wat siekte veroorsaak, stoor dit gewoonlik die inligting oor die kiem en hoe om dit te beveg. Wanneer dit wel weer met daardie kiem in aanraking kom, herken dit die kiem en kan dit begin om dit baie vinniger te beveg as voorheen.

Jou liggaam se vermoë om hierdie prosesse te bestuur, word deur jou DNS wat besluit hoe jou immuunstelsel werk, geaktiveer. Nie almal se immuunstelsels werk optimaal nie en dis hoekom dit belangrik is om te weet watter gedeeltes van jou immuunstelsel sterk is en watter dalk ekstra ondersteuning benodig.

Is DNS-toetsing veilig?

ʼn DNS-toets is een van die eenvoudigste en mees pynlose toetse om te neem, want daar word geen bloed getrek nie en jy hoef ook nie die gemak van jou eie huis te verlaat nie. “ʼn Speekseldepper, geneem aan die binnekant van jou wang, bevat genoeg data om jou van in-diepte inligting te voorsien. Boonop sal Geneway die toets by jou huis aflewer en ʼn koerier stuur om dit weer te kom optel wanneer dit gereed is,” sê North.

Die Geneway DNS-toets laboratorium is in Suid-Afrika wat beteken jou monster verlaat nooit die landsgrense nie. Alle resultate is streng vertroulik en word slegs met jou en jou mediese praktisyn gedeel as jy daartoe instem.

Nou, meer as ooit tevore, is dit ʼn gesondheidsorghulpmiddel wat jou baie van jou liggaam kan vertel en jou kan bemagtig om beter keuses te maak. Wanneer jy bewus is van jou risiko’s, tekortkominge en behoeftes, kan jy dit aanspreek en begin bou aan ʼn sterker immuunstelsel. Dit sal jou in die sterkste moontlike posisie plaas om enige virus of siekte wat in die toekoms jou kant toe kom, aan te vat en om gesonder en sterker anderkant uit te stap.

Vir meer inligting, besoek www.geneway.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.