Depressie neem toe in Suid-Afrika, veral in die Vrystaat

Foto: Nik Shuliahin/Unsplash

Die aantal mense wat met geestesgesondheidstoestande worstel, neem jaarliks toe wat die koste om dié toestande te dek sedert 2009 met 224% laat styg het.

Volgens die jongste syfers wat deur Discovery Health bekendgemaak is, het dié mediese skema tydens 2018 altesaam R2,6 miljard uitbetaal vir psigiatriese behandelings.

Tydens 2018 is ook sowat 364 746 van Discovery-lede met ʼn geestesgesondheidstoestand gediagnoseer.

Nog meer kommerwekkend is dat die mediese skema se syfers aangedui het dat mense al hoe jonger aan siektes soos depressie of bipolêre versteuring begin ly. Dus word hulle al op ʼn jonger ouderdom gediagnoseer. “In 2009 was die algemene ouderdom vir diagnose ongeveer 40. Deesdae word mense, veral vroue, tussen 16 en 30 jaar oud gediagnoseer,” sê dr. Noluthando Nematswerani, die hoof van Discovery se sentrum vir kliniese uitnemendheid.

Die aantal mans wat vir dié soort siektes behandel word, het oor die afgelope tien jaar met 49% toegeneem tot 11,1% van Discovery-lede. Die aantal vroue het met 37% toegeneem tot 17,9%. Die aantal kinders wat behandel is, het met 18% toegeneem tot 8,2%.

Depressie sal na raming in 2030 die grootste bydraende faktor tot die wêreldwye siektelas wees.

Nematswerani verduidelik egter dat Discovery se uitbetalings aan geestesgesondheidstoestande ook vermenigvuldig het omdat die koste vir die behandeling hiervan, asook die aantal lede wat aan die skema behoort, toegeneem het.

“Binne die skema was depressie die siekte met die meeste uitbetalings, vir mans én vroue, in 2018. Bipolêre versteuring het vir die naasgrootste uitbetalings in dié jaar gesorg,” sê Nematswerani.

Die duurste eis tydens 2018 het R235 272 beloop. Dit het die hospitalisering- en rehabilitasiekoste van ʼn 47-jarige man wat vir bipolêre versteuring en alkohol- en dwelmmisbruik behandel is, gedek.

Discovery het verder aangedui dat 61% van die R2,6 miljard-eise aan behandelings buite die hospitaal bestee is. Die meerderheid was vir medikasie en konsultasies met kliniese sielkundiges, psigiaters en arbeidsterapeute.

Eise vir geestesgesondheidstoestande het bygedra tot 4,5% van alle Discovery-eise wat in 2018 hanteer is. “Ons besteding hieraan het met 15% sedert 2009 gestyg. Pasiënte wat in die hospitaal opgeneem word, het egter vinniger gestyg, naamlik met 31% sedert 2009,” voeg Nematswerani by.

Vrystaat, die hoofprovinsie van depressie

Volgens ʼn tweede verslag van Discovery word die meeste van sy lede in die Vrystaat, om en by 7,3%, met ʼn geestesgesondheidstoestand gediagnoseer.

Discovery Health se geestesgesondheidseiseverslag wys verder dat dié provinsie ook die meeste sielkundiges en psigiaters per pasiënt in die Discovery Health-skema het. “Dit is moontlik hoekom daar meer diagnoses in die provinsie gemaak is,” volgens die verslag.

Die Oos-Kaap het die naasmeeste diagnoses gehad, met 6,6%. In Gauteng is 6,1% van die diagnoses landwyd gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Sieg ·

So waar wat kan jy verwag met n regering wat meer as 180 wetgewing teen die wit Suid-Afrikaner het om werk te kry en te leek in SA!

Abe ·

Sieg,
Die regering het niks daarmee te doen nie. Dit is n sosiaal-sielkundige verskynsel wat by mense voorkom in alle lande onder verskeie regerings.

Zombie ·

Sieg, sosio-politiese omstandighede kan bydraende faktore tot die ontwikkeling van geestessiektes wees.

gedagte ·

my hart gaan na elkeen uit wat aan drepressie ly. dit lei ook tot selfmoord

Spyker ·

Gedagte baie dankie vir jou woorde. Ek sit nou hier in England, 8 ure van nou af vlieg ek terug SA toe om vir my familie te gaan kuier. Dit sal nou een jaar wees van my Ma se afsterwe en die ou toppie begin nou eers regtig waar besef Ma kom nie terug nie en dit teer so ‘n bietjie meer en meer elke dag aan hom. Hulle albei was tronk bewaarders vir +-40 jaar elk en in daardie tyd was sy af geboek vir maande aaneen met depressie. Dit is ‘n hengse lelike ding om te aanskou. Ons moes pille wegsteek in die voëltjie hok want dit het haar net erger gemaak. Sy het oor die jare telke maal selfmoord probeer pleeg. Ek persoonlik as ‘n klein kind het soveel maal op haar afgekom en moes dan skamerig hulp gaan soek by buurmense, want Pa werk nagskof. Sy het uiteindelik haar mission bereik en haarself dood gedrink. Glo my dit wens ek aan geen mens toe nie. Daar is/was soveel om vir te lewe, maar hulle kan dit net nie sien nie!!!!!! Mis haar elke dag!!! Sterkte aan almal wat deur so iets gaan. Liefde aan almal.

JC ·

Almal het iets om oor depressief te wees. Veral die jongmense van die land, want watse vooruitsigte is daar vir ons?

Leser ·

Wat veroorsaak bipolêre versteuring? Kom die siekte ook voor wanneer mense dwelms / alkohol in oormaat gebruik? Wat van hulp vir die families van so iemand, hulle kry depressie oor hulle daaraan blootgestel word en klaarblyklik niks daaraan kan doen want die lyer wil nie hulp kry nie. ‘n Artikel oor dié siekte (met feite) sal waardeer word.

Abe ·

Leser,
Daar bestaan baie uitstekende boeke daaroor. Raadpleeg n tak van Exclusive Books daaroor. Daar is ook baie goeie artikels op di internet. Google “bipolar conditions” of “depression”. Gaan na n hospitaal en raadpleeg hulle oor n goeie sielkundige. Beste nog, vra dat jou dokter (algemene praktisyn) jou verwys na n sielkundige.

Tante ·

Hierdie land en die wereld regeerders is rede om enige mens depressief te maak net die vooruitsig na die ewige lewe hiera behoort elkeen te vul met vreugde. Gelukkig is die lwew hier net tydelik en die nou paadjie dis waar jy getoets word en depressie loer en wag vor jou Hou jou visie op die ewigheid en help ander ook om blymoedig daarop te wag dan sal depressie jou nie oorval Sterkte almal

Abe ·

Tante,
Die land en wereldregeerders het niks daarmee te doen nie. As jy wag vir die hiernamaals is dit te laat. Lees nou n goeie wetenskaplike boek daaroor of raadpleeg n goeie (ook wetenskaplike) sielkundige daaroor. Siem my antwoord aan Leser hierbo.

Zombie ·

Tante, soos bo genoem kan sosio-politiese omstandighede ń rol speel in die ontwikkeling van geestesversteurings. As mens byvoorbeeld kyk na die navorsing wat na 9/11 gedoen is, word dit duidelik bewys. Wetenskaplike artikels wys dikwels ook die belangrike rol uit wat die spirituele kan speel.

JohanR ·

Is net ou Ace Magashule wat nie aan depressie ly nie, nadat hy daai Checkers plastiek sak daar doer in die Vrystaat se bosse, in die donker nag soos ‘n dief, by ‘n suiwel plaas se plaas hek ontvang het. Het hy tyd gehad om die R80m daar te tel, of het hy dit maar rustig daar in die kantoor agter slot en grendel gaan tel? Wonder hoe sit jy R80m in ‘n bank. Bietjie moelik om dit oor die toonbank te doen, of ‘n EFT. Oe wag soe bietjie…..soe bedrag kry jy moes in jou vals bankrekening (nie by VBS), deur R80m te was. En ou Ace is nog met ons, en in ‘n hoe posisie.

De Villiers ·

Depressie moet ń verskriklike ding wees, en ek voel regtig jammer vir dié wat daarmee worstel. Ek is nou nie ń kenner op dié gebied nie, maar ek dink dat die feite dat depressie so toeneem in ons land veral, het grootliks te doen met dit wat in ons land aangaan, wat weer ń direkte gevolg is van die uiters swak manier waarop die ANC regering die land regeer. As mens net dink waaraan ons landsburgers blootgestel word, 60+ moorde per dag (geen doodstraf), alles wat die ANC in 1994 by die blankes oorgeneem het en in die grond in bestuur het, soos Eskom, SAL en Denél, alles wat rondom ons verval, die wetteloosheid, hoë werkloosheidskoers, die staatskapingskandaal, korrupsie ens. Dan ń regstelsel wat nie tande het nie deur nie gepaste strawwe vir misdaad toe te ken nie. Dan word blankes vir die meeste van die ANC se onbevoegdheid geblameer en ń aanslag op die Afrikaanssprekendes gevoer. Die geweld waarmee optogte merendeels gepaardgaan. ‘n Swak ekonomie wat aanhou verswak en landsburgers laat swaar kry. So kan mens aangaan. Myns insiens is die ANC dus die hoofoorsaak vir die styging in depressie.

Lou ·

Jou woorde is presies my gedagte. Ons kan hierdie tendens vierkantig voor die ANC se deur gaan neersit.

Abe ·

DeViliers + Lou,
Die ANC het niks daarmee te doen nie. Dit is n geestesgesondheidstoestand wat wereldwyd voorkom onder verskeie regerings. Dat dit nou spesifiek besig is om toe te neem is ook ‘n wereldwye verskynsel, wat moontlik saamhang met die toename in wereldpopulasie.

De Villiers ·

ABE, ek stem in ń mate dan met jou dat depressie ń chemiese wanbalans is, maar in Suid-Afrika word dit ook deur omstandighede gevorm. In ander wêreldlande word mense nie heeltyd blootgestel aan uiters abnormale omstandighede soos hier in Suid-Afrika nie. Hoe dink jy hanteer ons breine emosioneel die 60+ moorde per dag, van die hoogste misdaadsyfers het wêreld, ń swak ekonomie waarvan die hoofoorsaak toe te skryf is aan plaaslike gebeure soos grondonteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, absurde uitsprake deur die ANC en EFF, anargie, al die ander goed wat ek in my vorige skrywe genoem het en nog meer? Nee, jy sal my nie anders kan oortuig nie, en ek dink my argumente dra gewig.

janneman ·

Ek weet al die depressie lyers gaan my seker wil kruisig, maar ek was gwtroud met n vrou wat aan depressie gely het, en 2 werkskollegas se gades het ook aan depressie gely, almal deur dieselfde dokter gediagnoseer. Die twee kollegas se gades het albei selfmoord gepleeg so 3maande uitmekaar nadat hulle van een middel na volgende en weer n volgende oorgesit is, en elkeen is n 3 maande of 6maande kursus. My eggenote het 5keer probeer selfmoord pleeg, totdat ek geweier het om n sent verder aan antidepressante te spandeer en haar terug na haar ma gepos het. Na 22dae het sy terug gekeer op voorwaardes, en vir 18 jaar verder gelewe sonder atidepressante of selfmoord pogings. Sy is 2 jaar gelede oorlede aan emfiseem. Dis net my storie, maak daarmee wat jul wil. Ek weet wat ek weet en glo nou my eie oortuigings.

Martina ·

Ek is n depressielyer chronies. Ek weet glad nie hoe dit voel om normaal en positief te lewe nie. Ek het nie medies nie dus maak dit moeiliker met die regte medikasie was so uiters duur is. En klinieke het nie meer medikasies nie.

Jessica ·

En die arme kinders wat aan depression ly, jonk of minder jarig, dokter’s does hulle tot in ‘n koma in met depression tablets net on geld te maak en hulle loop rond soos zombi’s en word meer depress, en dit ly na selfmoord. Dokter’s gee nie om nie, net oor hulle self hoeveel geld hulle maak uit die pasiente. That’s the truth.

Lena ·

Ek gaan nou gestenig word, maar ek moet dit net noem. Daar word vir elke tweede persoon anti-depressante voorgeskryf, ek wonder partykeer of al die nodige toetse gedoen word om seker te maak dat die persoon wel aan drepressie ly? Ek sal nou by ‘n Dr. instap en net bietjie af lyk, en ek belowe julle ek sal met ‘n voorskrif vir anti-depressante daar uitstap. Dis eenvoudig net te maklik om sulke medikasie in die hande te kry!
My innige simpatie met werklike depressie lyers, ek kan nie begin dink waardeer julle gaan nie.

Celtis ·

Baie waar Karolis. Ongelukkig waardeer baie mense dit of sien dit raak. ‘n Mens se lewensingesteldheid is baie belangrik. Ek is ‘n ou jong kêrel in die Bosveld. Vrouens verkies liggies, gemak en nie slim mans nie.

se net ·

Werkende mense in die Vrystaat se salarisse is baie baie klein, want jy bly mos op die platteland. Maar in dieselfde asem betaal ons baie duurder vir produkte want dit word mos ingevoer van JHB en ander stede af. Kleinste salarisse , met hoogste pryse vir alles. Wel dit maak my moedeloos depressief.

SjN ·

Is dit ook nie dat GP s te maklik kannie worry pilletjies voorskryf nie.

Karin ·

Ek is onlangs met depressie gediagnoseer, is nou op medikasie en het lanklaas so goed gevoel. My toestand is agv my werksomstandighede, onbekwane bestuurders, en om met die werklikheid van ons land se misdaad te werk, verskriklike moorde, verkragtigtings ens. Wees net n maand in my skoene, glo my jy gaan dit nie maak nie. Ek is al langer as 25 jaar in die beroep. As kon sou ek lankal bedank het, maar werk is bitter skaars.

Maria ·

Werksomstandighede is n groot rede vir depressie by die wat werk en werkloosheid by die wat nie werk kry nie.

Witman ·

En so kruisig ons ou lelliewitvolk die ANC vir ons tekortkominge. wat sê res van ons?

Ig ·

Meneer Mandela het hard probeer, maar sy ANC maatjies het alles vernietig. Ons sien alles raak maar is magteloos teen die ANC regering, wie gaan hulle stop?? Diefstal van miljarde, lieg onder eed en so gaan dit aan en aan. Reenboognasie se voet man, hulle gaan vir ons wittes, kyk na die moorde op vrouens en oumense, nou vra jy hoekom is mense depressed. Hulle skep geen geleenthede in SA nie, vernietig net alles. Ons kan net Bid en hoop vir die beste, sterkte aan alle depressieleiers!!

Beeld gereinig ·

Pottie. Ek verstaan jou. Ek en my gesin is so dankbaar dat ons onsself uit daardie land kon verwyder waar ons nou in ‘n posisie is waar ons nooit weer in dit hoef vas te kyk nie.

Renier ·

Depressie is nie ‘n siekte nie. Daar is geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie.

HPV ·

Renier jy is reg, dit is ‘n gemoedstoestand wat ek gereeld kry as ek die ANC se verwoestingswerk in Suid Afrika aanskou, nog erger kom stap net deur bankrot, stukkende en stinkende Mangaung (Bloemfontein) en ondervind hoe jy met depressie geslaan word.

Dokter ·

Jy is reg, HPV, depressie is o.a. een van die erge simptome van ‘n siek land. Beste is om te emigreer. Ons het reeds die bal aan die rol gesit.

Groen Ertjie ·

Sosiale media en die nuus berigte op alle platforms is een van die grootste redes vir depressie – skakel jou selfoon, internet en TV af en begin die lewe om jou weer raaksien !

Anoniem ·

Kyk, neem depressie toe of gebruik mense nou al depressie pille vir die verkeerde redes? Ek weet van dokters wat dit voorskryf vir oorgewig mense en as jy net ‘n bietjie olik lyk: “Jong, jy lyk vir my of jy bietjie aan depressie ly. Kan ons jou nie maar op ‘n ou pilletjie sit om te help nie?” Ai mense, word wakker. Dit is ‘n bose kringloop en dokters maak baie geld oor hierdie paar woordjies. Ek het werklik begrip vir party mense, maar dat dit orals ‘n tendens is, is skrikwekkend.

Natuurkind ·

Hy gee die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Ook dankbaarheid en om ander mense te help wat minder as jy het maak ‘n groot verskil aan jou gemoed. Glo my daar is altyd iemand slegter af. Gee jou tyd indien jy nie materiële middele het. En kom buite in die Skepping weg van tv en skerms.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.