Dié toestel kan jou help om borskanker vroeg op te spoor

Foto verskaf deur Breastlight

Statistieke wys dat 1 uit 29 vroue in Suid-Afrika in hul leeftyd met borskanker gediagnoseer sal word. Nog meer kommerwekkend is dat dit in stedelike gebiede tot so hoog as 1 uit 8 kan wees. Die kanker wat die meeste by vroue voorkom, is borskanker.

So kommerwekkend soos wat dié statistieke is, kan vroeë opsporing en gepaardgaande behandeling nie genoeg beklemtoon word in die stryd teen borskanker nie. Vroeë opsporing beteken ʼn oorlewingskoers van so hoog as 95%.

Medloyd Healthcare (gestig in 1990) het ʼn behoefte raakgesien vir ʼn handtoestel wat herlaai kan word wat vroue in die gerief van hul eie huis kan gebruik. Die toestel moet eenvoudig en maklik wees om te gebruik en jou in staat stel om aan die binnekant van jou borsweefsel te “kyk” vir enige abnormaliteite. Breastlight word in die Verenigde Koninkryk vervaardig en van daar af ingevoer. Dit word suksesvol in 67 lande bemark met toenemende sukses en ʼn verhoogde sin van bewusmaking word wêreldwyd gevestig.

Breastlight is 100% veilig en kan gebruik word vir selfondersoek so gereeld as wat jy wil, sonder enige newe-effekte. Talle borsklonte, tumors of abnormaliteite kan nie met die hand gevoel word wanneer ʼn “voel-ondersoek” gedoen word nie. Breastlight help jou om dit raak te sien.

Hoe werk dit?

Foto verskaf deur Breastlight

Die ondersoek word in ʼn donker kamer gedoen. Sodra die Breastlight op die bors gedruk word, skyn ʼn sterk, verstelbare rooi lig deur jou borsweefsel. Dit wat jy sien is die are in die bors. Dit is normaal en kan maklik uitgeken word as donker lyne wat deur jou bors vloei. Jy moet op die uitkyk wees vir donker vlekke of kolle. As dit in enige stadium gesien word, is dit belangrik dat jy jou huisdokter besoek vir verdere diagnose en ʼn moontlike mammogram. ʼn Donkerder deel is nie noodwendig kwaadaardig nie, dit kan moontlik net ʼn skadelose sist wees. Dit is egter belangrik dat jy so vinnig as moontlik deur ʼn professionele mediese praktisyn ondersoek word.

Ná jy ʼn paar selfondersoeke gedoen het met die Breastlight, sal jy al hoe meer vertroud raak met die binnekant van jou bors en jy sal enige veranderinge maklik raaksien van een ondersoek na die volgende. Breastlight is nie ʼn vervanging vir mammogramme of MRI-skanderings nie. Die aanbeveling is dat vroue elke jaar of elke tweede jaar ʼn mammogram ondergaan. Dit is egter die periode tussen mammogramme waar Breastlight jou help in jou borsbewustheid en jou gerus stel. Hoekom sal jy vir een of twee jaar vir jou volgende mammogram wag wanneer jy nou oor die tegnologie en bykomende voordeel beskik om die binnekant van jou bors te monitor wanneer jy dit ook al wil doen – selfs een of twee keer per maand?

Besoek die webwerf www.breastlightsouthafrica.co.za ʼn demonstrasie-video sodat jy self kan sien hoe maklik dit is om te gebruik. Daar is boonop ook ʼn wye reeks inligting beskikbaar om jou kennis van borsbewustheid uit te brei.   

Foto verskaf deur Breastlight

Breastlight is nie ʼn foefie nie en dit word tans suksesvol in 67 lande verkoop. Vroeë opsporing kan lewens red en dit is Medloyd Healthcare se doelwit om seker te maak dat dié toestel maklik beskikbaar is aan die reënboognasie van Suid-Afrikaanse vroue wat deel vorm van die kommerwekkende statistiek.

Breastlight is tans aanlyn beskikbaar by www.breastlightsouthafrica.co.za. 

Die Breastlight-pakket sluit die toestel en laaier in, ʼn demonstrasie-DVD, handleiding, smeermiddel en brosjure.

Alternatief kan jy met jou apteker gesels en indien hulle nie ʼn toestel beskikbaar het nie, sal hulle een by ʼn apteek-groothandelaar kan bekom.

As jy nie oor die finansies beskik om self die toestel aan te skaf nie, maar steeds jou borste met Breastlight wil ondersoek, kan jy jou naaste Dis-Chem Wellness Clinic besoek en teen ʼn klein fooitjie sal hulle jou met die ondersoek kan bystaan.

Vroeë opsporing kan lewens red. Moenie ʼn statistiek word nie. Wees proaktief en doen die nodige stappe om ʼn verhoogde borsgesondheidbewustheid te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.