Dié toestel kan jou help om borskanker vroeg op te spoor

Foto verskaf deur Breastlight

Breastlight is ʼn eenvoudige, veilige, maklike handtoestel wat vroue en mans so gereeld as wat hulle wil kan gebruik, in die gerief van hul eie huis om abnormaliteite in die bors op te spoor wat moontlik kankeragtig kan wees.

Hoe werk dit?

Die Breastlight skyn met ʼn verstelbare rooi LED-lig deur borsweefsel. Dit moet verkieslik in ʼn donker kamer en voor ʼn spieël gebruik word vir die beste visuele resultaat. Sodra dit op die bors geskyn word, kan jy sien wat inwendig in jou bors is. Omdat alle borste uniek is aan elke persoon, moet die intensiteit van die lig verstel word sodat jy die beste visuele resultaat kan kry.

Jy sal aanvanklik donker lyne in jou bors sien – dit is heeltemal normaal, dit is bloot die are wat bloed deur jou borsweefsel laat vloei. Jy moet soek vir donker of skaduwee-agtige kolle. Indien jy dié kolle opmerk, moet jy dadelik ʼn professionele mediese prognose bekom en ʼn evaluering van die oorsaak van dié donker dele. Jy hoef nie paniekerig te wees indien jy ʼn donker kol sien nie, want dit is moontlik net ʼn skadelose onderhuidse sist. Dit is egter noodsaaklik dat ʼn mediese professionele persoon jou ondersoek. Om borskanker in ʼn vroeë stadium te diagnoseer (met ander woorde nog voordat dit van die borsweefsel na ander dele van die liggaam versprei) het ʼn byna 100%, vyf jaar oorlewingskoersstatistiek. Die sleutel tot oorlewing van borskanker is vroeë waarneming en Breastlight het al abnormaliteite so klein as 0,7 cm bespeur.

Wanneer jy Breastlight gereeld gebruik, sal jy vertroud raak met die binnekant van jou bors en sal jy ʼn verhoogde bewusmaking van borskanker hê. Dit sal dit dus makliker maak om enige abnormaliteite te identifiseer wat in die toekoms mag ontwikkel.

Gesonde bors vs. abnormaliteit (Foto verskaf deur Breastlight)

Let wel: Breastlight is nie ʼn vervanging vir die jaarlikse of tweejaarlikse mammogram nie. Dit is slegs ʼn opsporingstoestel wat gebruik kan word in die periode tussen een mammogram en jou volgende afspraak.

In die wêreld van borskanker kan baie binne 12 maande gebeur en Breastlight kan jou help om enige abnormaliteit te identifiseer wat in dié periode sou ontwikkel. Gebaseer op die grootte van jou bors en borsweefseldigtheid wat uniek is aan elke persoon, kan jy nie altyd deur “self voel” of borspalpitasie-ondersoeke seker wees dat jy abnormaliteite gaan opspoor nie. Die Breastlight verhoog dié prosedure en neem dit een stappie verder omdat jy visueel kan sien wat inwendig in jou bors gebeur.

Breastlight is geskik om deur vroue en mans gebruik te word, van enige ouderdom of velkleur, en dit kan veilig gebruik word selfs al het jy borsinplantings. Breastlight is gerat om jou te help om vroeë bors-abnormaliteite op te spoor.

Dit word van Engeland ingevoer en is geklassifiseer as ʼn Klas 1- mediese toestel. Breastlight word in Suid-Afrika versprei deur Medloyd Healthcare. Skakel 011 397 2717 of besoek www.breastlightsouthafrica.co.za. Jy kan ook met jou apteker gesels en indien hulle nie Breastlight in hul voorraad het nie, sal hulle dit by hul grootmaatverspreiders kan aanskaf. Indien jy Breastlight wil toets, kan jy die gesondheidsentrum in meeste Dis-Chem-apteke besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.