Gebrokehart-sindroom neem toe tydens Covid-19

Foto ter illustrasie. (Foto: Jude Beck/Unsplash.)

Die toestand wat bekendstaan as gebrokehart-sindroom, ook bekend as stres-kardiomiopatie, het sedert die begin van die Covid-19-pandemie viervoudig toegeneem. Dít volgens navorsers by die Cleveland Clinic in Ohio, VSA.

Nicole Jennings, woordvoerder van Pharma Dynamics, sê die verlengde inperkingsreëls, spesiale geleenthede wat kanselleer word en om nie vriende en familie te kon sien nie, het ʼn groot fisieke uitwerking op mense se harte.

“In meeste gevalle word gebrokehart-sindroom deur erge stres en emosie aangewakker. Die onverwagte stormloop van adrenalien maak die hartspier swakker, wat onreëlmatige hartritmes veroorsaak. Dit belemmer ook die pompfunksie van die hart, wat tot ʼn ballon-effek kan lei.”

Mense wat aan gebrokehart-sindroom ly, kan ʼn skielike pyn in die bors voel en kortasem raak – soortgelyk aan ʼn hartaanval – maar gelukkig is die effek in die meeste gevalle slegs tydelik. Volgens Jennings verbeter die toestand gewoonlik binne ʼn paar dae of weke sommer van self.

“Pasiënte mag aanvanklik voel asof hulle ʼn hartaanval kry, maar verdere ondersoek sal lei tot tekens van geblokte kransslagare of geskiedenis van kardiovaskulêre siekte.”

Jennings sê die pandemie het ernstige sielkundige, sosiale en ekonomiese spanning in mense se lewens regoor die wêreld veroorsaak.

Die navorsing toon ook dat dit nie slegs mense is met onderliggende gesondheidsprobleme wat deur die impak van Covid-19 beïnvloed word nie, maar ook mense wat vooraf blakend gesond was.

Terwyl meeste gevalle van gebrokehart-simdroom geen langtermyneffek toon nie, word 10% van pasiënte ernstig siek en 1 tot 2% van die gevalle kan dodelik wees.

“Mense wat angstig en oorweldig voel deur die pandemie – fisiek of geestelik – moet ʼn dokter spreek vir hulp. Wees proaktief om stres in jou lewe te beheer. Dit is goed vir jou hart en kan gebrokehart-sindroom help voorkom,” sê Jennings.

Jennings stel die volgende voor om stres en angstigheid te verlig:

  • Lewe in die oomblik: Wanneer jy vind dat jy konstant dink aan wat moontlik kan gebeur, probeer jouself terug na die hede trek en fokus op dít wat tans gebeur.
  • Pas ontspanningsoefeninge toe: Verlaag stres, hoofpyne en stywe spiere deur middel van diep egalige asemhaling, meditasie, masserings, joga of kalmerende musiek.
  • Eet gesond: Wanneer mense stres is hulle geneig om ongesonde te eet, meer te rook en meer alkohol te drink. Maak seker jou dieet is hoog in anti-oksidante en voedsame kos.
  • Doen oefening: Slegs 30 minute van matige oefeninge per dag, soos om te stap, swem of fietsry, kan jou bui lig en jou help om duideliker te dink.
  • Bring tyd buite deur: Vitamien D speel ʼn groot rol om jou bui te reguleer en depressie weg te hou, so bring elke dag ten minste 20 minute buite deur, selfs al is dit nie ʼn sonnige dag nie.
  • Praat met iemand: Bel ʼn vriend of familielid en praat met hulle oor wat jou pla. Partykeer is dit maklik om duidelik oor dinge te dink as jy dit hardop sê.
  • Kyk na ʼn komedie: Om te lag is goeie medisyne vir ʼn angstige brein en dit het baie voordele vir jou geestesgesondheid en welstand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae