Gee jou gesondheid ’n hupstoot met kollageen

Kollageenpoeier het ‘n verskeidenheid van gesondheidsvoordele en van die poeiers kan jy saam met jou koffie drink of oor jou gunsteling-ontbyt strooi. (Foto: Be Bright/Veskaf)

ʼn Tekort aan kollageen tref byna almal ouer as 30 jaar. Soos jy ouer word, begin jou liggaam al minder kollageen self te vervaardig. Tog is kollageen die gom wat jou liggaam aanmekaar hou en daarsonder begin jou liggaam letterlik uitmekaar val.

Catherine Clark, eienaar van die aanlyn gesondheidswinkel Hariet Table, en Leanne Rohr, stigter van Be Bright wat spesialiseer in gesondheidsaanvullings, meen ’n gesonder wintervel en gewrigte is met kollageenaanvullings binne jou bereik. Kollageen kan ook help om jou immuun-, kardiovaskulêre en spysverteringstelsel te ondersteun.

Clark sê die volgende is vyf tekens wys dat jou liggaam kollageen benodig:

  1. Al meer fyn lyntjies en plooie maak hul verskyning, wat deur die winterkoue vererg word.
  2. ʼn Verlies aan soepelheid en ligamente wat stywer voel.
  3. Jy sukkel met gewrigspyne. ʼn Tekort aan kollageen beteken jou bene skuur teen mekaar en kan uiteindelik tot ontsteking en artritis lei.
  4. ʼn Tekort aan kollageen kan selluliet ook vererger.
  5. Spysverteringsprobleme: ʼn Ongemaklike opgeblaasdheid en ander dermsimptome kan ʼn aanduiding wees dat jou liggaam meer kollageen benodig. Simptome hiervan sluit in hardlywigheid, diarree, moegheid en ʼn verswakte immuunstelsels.

Wat is kollageen?

ʼn Mens hoor deesdae soveel oor die gesondheidsvoordele van kollageen, maar wat is dit presies? Kollageen is ʼn proteïen wat natuurlik in die liggaam geproduseer word, wat ʼn wesenlike deel van die struktuur vorm van gesonde bloedvate, die spysverteringskanaal, bene, senings, kraakbeen, spiere, gewrigte, hare, naels en jou vel. Kollageen kom selfs voor in jou tande en die bindweefsel in die tandvleis en kakebeen.

Volgens Catherine Clark (regs) is daar geen manier om die hoeveelheid kollageen in jou lyf te meet nie, maar daar is tekens wat ‘n goeie aanduiding is dat jy ‘n tekort het. (Foto: Harvest Table/Verskaf)

Hoekom het jy dit nodig?

Soos jy ouer word, produseer jou liggaam al minder kollageen, wat lei tot fyn lyntjies en plooie, droë, bros hare, swak naels en pynlike gewrigte. Dit is hier waar kollageenaanvullings kan help. Een van die maklikste manier om op jou beste te lyk en voel is om daagliks kollageen by jou dieet in te sluit.

Aangesien die produksie van kollageen begin afneem in jou laat twintigs is dit raadsaam om jou dieet te begin aanvul voordat die strukture in jou liggaam wat daarop staatmaak, verswak het. Dit is egter nooit te laat om met dié soort aanvullings te begin nie en daar is geen beter tyd as nou nie.

Kry kollageen só in jou dieet

Voedsel soos hoender, eiers, sopbeensop (bone broth) verskaf kollageen aan enige dieet.

Nog ʼn makliker metode is om ʼn gehidroliseerde vorm soos Be Bright-kollageenpoeier te gebruik.

Jou liggaam kan die vorm van kollageen maklik opneem en jy benodig ʼn minimum van 10 g (een opgehoopte eetlepel) tot 20 g van die suiwer kollageenpoeier om ʼn verskil te maak.

Die poeier kan in jogurt, ʼn skommeldrankie (smoothie) of by sop, bredies en souse gevoeg word. Jy kan dit ook oor jou ontbytgraan, of in lemoensap, tee of koffie gooi. Sommige van die soort poeiers is selfs hittebestand en kan gebruik word as jy muffins, piesangbroodjies, proteïenstafies of beskuit bak.

Nog ʼn voordeel is dat die poeier ʼn proteïen is, wat beteken kollageen help jou om versadig te voel.

Wenk: Neem ʼn daaglikse dosis vitamien C om die opname van gehidroliseerde kollageenpoeier te verbeter en herbou jou eie kollageen in ʼn japtrap.

(Foto: Be Bright/Verskaf)

Maak seker dat dit natuurlik is

As jy elke dag ’n aanvulling neem, soek iets wat heeltemal natuurlik is. Daar is verskillende poeiers wat vervaardig word uit beesvleis, hoender en vis, asook opsies vir veganiste en vegetariërs.

Dermgesondheid

Bykomende maniere om gesond te bly en jou immuunstelsel te versterk, is tans eerste in almal se gedagtes. Een van die belangrikste voordele van kollageenaanvullings is dat dit die gesondheid en funksie van die ingewande help handhaaf. Dit beteken dat die liggaam in staat is om die nodige voedingstowwe en vitamiene uit jou dieet op te neem en te verseker dat jou immuunstelsel sterk genoeg is om infeksies soos winterverkoue en griep te voorkom.

Energie en fiksheid

In die kouer maande is dit belangrik om aan te hou oefen om fiksheid te handhaaf en die bloedsomloop aan te moedig. Kollageen speel hier ’n belangrike rol in die instandhouding en opbou van maer spiere en help dit jou ook om vet te verbrand. Nog ’n voordeel is dat die regeneratiewe eienskappe die gesondheid van bene, gewrigte, kraakbeen, senings en ligamente ondersteun en verbeter. Die resultaat is ’n vermindering in gewrigsontsteking wat die pyne wat verband hou met stywe gewrigte en artritis verlig.

The Harvest Table se kollageen (Foto: Verskaf)

Vir troeteldierliefhebbers

Enigiemand met ’n ouer troeteldier, kat of hond, sal verheug wees om te weet dat ’n daaglikse dosis kollageen wondere kan verrig vir hul stywe gewrigte. Al wat jy moet doen is om elke dag ʼn eetlepel kollageenpoeier oor hulle kos te strooi. Dit sal ook help met die verteringsproses, hul eetlus aanwakker en ʼn gesonde vel en pels bevorder.

Die voordele van kollageen in ʼn neutedop:

  • Dit werk om die hidrasie en elastisiteit van jou vel te verbeter en laat fyn lyntjies en plooie gladder vertoon.
  • Jou hare, naels en tande gaan beter lyk, sterker wees en gesonder groei.
  • Dit help met die genesing van aknee en verminder letsels.
  • Ondersteun die versterking van gewrigte, verligting van pyne en die simptome van artritis.
  • Help dat beserings gouer genees en versnel enige ander genesing.
  • Ondersteun en herstel die spysverteringskanaal sodat voedingstowwe en vitamiene opgeneem word uit die voedsel wat jy eet. Dit ondersteun jou immuunstelsel en help jou om infeksies soos verkoue en griep af te weer.

Be Bright se reeks van kollageenpoeiers. (Foto: Be Bright/Verskaf)

Produktelys:

  • Besoek Bebright.co.za vir meer inligting oor kollageen en kollageenpoeiers.
  • Harvest Table het ʼn wye verskeidenheid kollageenprodukte wat beskikbaar is by Harvesttable.co.za

Raadpleeg altyd ’n mediese dokter voordat jy enige aanvullings begin gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanCzu ·

Geen aanvulling help regtig tensy jy ook ophou om jou liggaam te vergiftig deur suiker, graan en ‘n oormaat koolhidrate te eet nie. Los gerus ook maar die aartappels en rys uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.