Jou toekoms in skoonheid begin hier

Met meer as 43 jaar se akademiese kwaliteit en innovering, is die Isa Carstens Akademie ’n leier op die gebied van skoonheid- en velsorgopleiding. Jy kan ook nou deel word van ’n vinnig groeiende bedryf met internasionale werksgeleenthede.

Die Isa Carstens Akademie is die toonaangewende opleidingsinstelling vir somatoloë en estetiese terapeute wat belang stel in ’n loopbaan in die plaaslike sowel as internasionale gesondheids- en velsorgbedryf.

Somatologie word gedefinieer as die wetenskaplike studie van die liggaam met ʼn spesifieke fokus op welstand en velsorg. Vanuit hierdie wetenskaplike benadering, bied die Isa Carstens Akademie verskeie geakkrediteerde kwalifikasies met internasionale erkenning vir enigiemand wat belangstel in ʼn vervullende loopbaan in die gesondheid, skoonheids- en welstandsbedryf.

Nou is die akademie weer aan die voorpunt van innovasie met ervare dosente wat op kampus sowel as aanlyn klasgee. Voornemende studente kan die twee moderne kampusse en vrouekoshuise op Stellenbosch en in Pretoria ook virtueel besoek per afspraak.

Met die bekendstelling van die nuwe jaar lange Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie en die voortgesette gewildheid van die Gevorderde Diploma in Vel Estetika, ʼn spesialiseringsrigting, het die Isa Carstens Akademie hul reputasie as een van die wêreld se veerkragtigste opleidingsinstellings bevestig.

Raak deel van dié vinnig groeiende bedryf! Studente wat die kursus suksesvol voltooi, kan werk by onder meer skoonheidsalonne, spa’s, op passasierskepe, velsorgklinieke en mediese estetiese praktyke, of self ’n saloneienaar, dosent of selfs skoonheidsjoernalis of inhoudskepper vir digitale media word.

Die Isa Carstens Akademie spog met ʼn privaat kampus en dameskoshuis in Stellenbosch en Pretoria. Bespreek jou virtuele kampustoer, of woon die opedag by op 16 April 2021 om 09:00.

Opedag op 15 Mei 2021

Woon die opedag op 15 Mei 2021 by. Bespreek jou aanbiedingstyd, gevolg deur ‘n kampustoer met praktiese demonstrasies ter illustrasie van die Isa-ervaring van studente.

Streng Covid19-protokol sal te alle tye gevolg word. Slegs die voornemende student en twee ouers maksimum mag die opedag bywoon.

Bespreek op die webwerf by isacarstens.co.za of via WhatsApp op 079 951 5968 (Pretoria) of 082 807 4426 (Stellenbosch).

  • Isa Carstens is geregistreer by die departement van hoër onderwys en opleiding as ’n hoëronderwysinstelling ingevolge die Onderwyswet van 1997. Registrasiesertifikaat 2000/HE07/025.
  • Kwalifikasies geregistreer by die SAQA ID-nommer 111453 (NQF vlak 5), SAQA ID-nommer: 83046 (NQF vlak 6), SAQA ID-nommer: 97898 (NQF vlak 7)

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Gesondheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.