Kan dieetkoeldranke risiko vir kolonkanker verminder?

Baie is al gesê oor die voordele of nadele van kunsmatige versoeters, maar ʼn onlangse studie deur die Yale Universiteit het getoon dat kunsmatige versoeters en die beperking van suiker groot voordele kan inhou as dit by kolonkanker kom.

Volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) is kolonkanker een van die vyf algemeenste kankers onder mans in Suid-Afrika.

Die kans vir mans om dié kanker te kry, is een uit elke 81 mans, terwyl dié kanker slegs by een uit elke 135 vroue gediagnoseer word. Mans se risiko vir die kanker verhoog selfs nog meer ná die ouderdom van 50 jaar.

Die studie, wat in Julie 2018 gepubliseer is en deur dr Brandan Guercio gelei is, het getoon dat die kanse om kolonkanker te kry verminder wanneer dieetkoeldranke, eerder as gewone gaskoeldranke gedrink word.

Vir hierdie ondersoek het die navorsers gekyk na die herhaling en sterftetal van 1 018 mense wat kolonkanker in die derde stadium het en chemoterapie daarvoor ontvang het. Die deelnemers is oor sewe jaar ondersoek en hul diëte is geëvalueer om te bepaal hoeveel suikerkoeldranke, dieetkoeldranke, koffie, tee, water, melk en vrugtesappe hulle per dag gedrink het.

Die studie het getoon dat herhalings van kolonkanker, asook sterftes, met sowat 50% afgeneem het hoe meer suikervryekoeldranke die deelnemers gedrink het. Deelnemers wat kunsmatig versoete koeldrank gedink het, het ook ʼn oorlewingskoers van 23% hoër gehad as dié wat gewone suikerkoeldranke gedrink het.

Volgens die studie het mense wat een of geen kunsmatige versoete drankie per dag drink nie, steeds ʼn laer kans op sterfte of siektes as mense wat meer as twee van dié drankies per maand drink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marco polo ·

Wat van glad nie koeldranke nie, maar net met ys. ys, ja…

Amelia ·

Ek sal graag wil weet hoekom vloeistof??? As dit die suiker is, is suiker in die algemeen mos n gevaarlike ding.
My broer is op 51 dood aan kolonkanker. Sy dokters het die waarskuwing van koeldrank uitgestippel maar ek het gedink dit is die gas in koeldrank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.