Kikker slaaptyd op met kleure, kwilts

Met die lente wat uiteindelik aangebreek het, is dit die perfekte geleentheid om jou slaapkamer in ʼn toevlugsoord te omskep waar jy ná ʼn lang dag kan rus en herlaai.

Goeie gesondheid en welstand begin juis by ʼn goeie nagrus. Volpes het ʼn paar wenke om jou slaapkamer gereed te maak vir die somermaande.

Bring die buitekant binnetoe

Ons almal smag na ʼn hernieude band met die natuur nadat ons so lank binnenshuis moes bly. Stel jou begeerte vir die natuur tevrede met blaar- en voëlmotiewe en blompatrone in verskillende kleure en style. Vul die natuurtema aan met bykomstighede soos aardse kleipotte en heuningkleurige meubels.

(Foto: Volpes)

Verkleur jou wêreld

Kleure en patrone in die slaapkamer is wêreldwyd ʼn neiging. Dit is bekend dat kleur ons gemoed kan beïnvloed. Om ʼn strelende atmosfeer in jou slaapkamer te skep, kies bedlinne in kalmerende kleure soos duck egg-blou, seeblou, sagte groene en grys. Voeg kleurvolle aksente by, soos komberse, strooikussings en matte.

(Foto: Volpes)

Die skoonheid van onvolmaaktheid

Daar word baie klem geplaas op outentiekheid, ʼn filosofie waarna die Japanners verwys as wabi-sabi: om skoonheid in onvolmaaktheid te omhels. Natuurlike linnebeddegoed is perfek hiervoor en dra by tot ʼn minimalistiese, kontemporêre, gemaklike styl.

(Foto: Volpes)

Dis in die gevoel

Wanneer jy ʼn kamer versier, is die tekstuur net so belangrik soos die kleur. Deur kontrasterende teksture, soos grof saam met sag, te voeg, kan jy ʼn gevoel van luuksheid en gemak skep. Onthou ook dié wenk wanneer jy gordyne en matte kies.

(Foto: Volpes)

Die gemak van ʼn kwilt

Onsekerheid wêreldwyd het ʼn behoefte aan die gemak van die bekende tot gevolg. En wat kan gemakliker wees en meer nostalgie wek as ʼn kwilt? Net om jouself in een van ouma se kwilts toe te draai, kan jou veilig laat voel.

(Foto: Volpes)

Klassieke katoen

Daar is niks soos om tussen vars, wit katoenlinne in te kruip nie. Natuurlike vesels soos katoen haal beter asem en hou jou koel in die somer en warm in die winter. Egiptiese katoen is ʼn goeie belegging, aangesien dit ekstra sag is en twee keer langer hou.

(Foto: Volpes)

Kop eerste

Om jou slaapkamer se nuwe voorkoms af te rond, benodig dit ʼn kopstuk. Nie net beskerm dit die muur en hou die kussings in plek nie, maar dit skep ook ʼn fokuspunt in die kamer, iets wat die oog tref en ʼn indruk maak.

(Foto: Volpes)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.